Taeniodonta is 'n uitgestorwe suborde van die soogdiere.

Fossiele van hierdie groep word in die Laat Kryt en Paleogeen (Laat Eoseen) van Noord-Amerika gevind. Die vroegste een wat gevind is, is Schowalteria van die Laat Kryt in Alberta, Kanada. Die laaste een is Stylinodon uit die Eoseen. Die Taeniodonta was een die eerste groepe wat in die Paleoseen groot vorms opgelewer het. Daar is twee families: Conoryctidae: Onychodectes, Conoryctes, Conoryctella, Huerfanodon Stylinodontidae: Wortmania, Schochia, Psittacotherium, Ectoganus, Stylinodon

Die Stylinidontidae was groter as die Conoryctidae: so groot as 'n vark of selfs 'n beer. Hulle het groot slagtande en sterk kloue gehad en dalk na wortels gegrawe. Die Conoryctidae was primitiewer en dalk insektivoor of omnivoor.

Taksonomie 'n Kladistiese ontleding deur Weinstein (2009) Phylogeny and Relationships of Taeniodonta, an Enigmatic Order of Eutherian Mammals (Paleogene, North America) Proefskrif Ohio State 2009 toon dat die Taeniodonta 'n monofiletiese groep is wat uit die Cimolesta voortgekom het. Die posisie teenoor die huidige soogdiere (die kroon-plasentale) is minder duidelik.

Die Taeniodonta ontbeer sinapomorfieë wat die kroongroepe kenmerk.

Verwysings

Kategorie:Uitgestorwe soogdiere