Die Rooiaasblom (Stapelia leendertziae) is 'n vetplant wat in Suid-Afrika in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga voorkom, asook in Eswatini en Zimbabwe. Hierdie spesie is genoem na mev. R. Leendertz wat dit in 1909 naby Heidelberg in die Transvaal ontdek het. Dit staan ook bekend as die aaskelk of aasklok.
Beskrywing Die stingels is liggroen of rooierig en is vierhoekig. Dit dra donkerrooi klokvormige blomme, 7 tot 12 cm lank, in die laat somer.
Fotogalery
Verwysings
Kategorie:Stapelia Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe Kategorie:Vetplante