Die Slagting van Wounded Knee (Engels: Wounded Knee Massacre) was 'n skermutseling waarin die 7de Berede Divisie (U.S. 7th Cavalry) van die Amerikaanse leër op 29 Desember 1890 'n groep van die Minneconjou Lakota Sioux uitgemoor het. Die berede troepe het vier Hotchkiss-kanonne teen die Sioux gebruik. Sowat 200 Sioux-vroue en -kinders het ook omgekom. Die Sioux was navolgers van 'n godsdienstig-politiese sekte. Die insident by Wounded Knee word beskou as die afsluiting (hoewel nog nie die heel laaste skermutseling nie) van die oorlog tussen die Indiane en die ander Amerikaners om beheer van die westelike VSA.

Verwysings

Verdere leesstof

Coleman, William S.E. Voices of Wounded Knee, University of Nebraska Press (2000). . Smith, Rex Alan. Moon of Popping Trees, University of Nebraska Press (1981). . Utley, Robert. The Indian Frontier 1846-1890, University of New Mexico Press (2003). . Yenne, Bill. Indian Wars: The Campaign for the American West, Westholme (2005). . Brown, Dee. Bury my Heart at Wounded Knee: An Indian History of the American West, Owl Books (1970). .

Kategorie:Geskiedenis van die Verenigde State van Amerika Wounded Knee