Elsevier is een van die grootste verskaffers van wetenskaplike, tegniese en mediese inligting ter wêreld. Dit is oorspronklik in 1880 gestig. Dit is nou deel van die RELX Group, tot in 2015 bekend as Reed Elsevier. Sy produkte sluit in tydskrifte soos The Lancet en Cell, die ScienceDirect-versameling elektroniese tydskrifte, die Trends- en die Current Opinion-reeks tydskrifte en die aanlyn databasis Scopus.
Elsevier publiseer jaarliks sowat 420 000 artikels in 2 500 tydskrifte. Sy argief bevat meer as 13 miljoen dokumente en 30 000 e-boeke.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Klassifikasiestelsels Kategorie:Nederlandse maatskappye