Laurika Rauch (gebore 1 November 1950 in Pinelands, Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse sangeres. Sy is een van die bekendste kontemporêre sangeresse in Afrikaans. Sy sing ook in Nederlands en Engels. Sy het in 1979 'n treffer gehad Kinders van die Wind, geskryf deur Koos du Plessis. Die lied het in die laat sewentigerjare prominent verskyn in die Afrikaanse televisiereeks Phoenix & Kie.

Lewensloop Rauch is in Kaapstad gebore, die jongste kind van Fritz en Rina Rauch. Sy het 'n suster, Ingrid, en 'n broer, Johan. Haar pa was openbare betrekkingsbestuurder van Old Mutual en haar ma is 'n opgeleide maatskaplike werker wat later die redakteur van Die Huisvrou geword het. Rauch was reeds voor sy skool toe is, lid van Oom Hannes Uys se Kindersangkring, 'n kinderkoor van Pinelands, vir tien jaar.

Sy was 'n leerling aan die Laerskool Groote Schuur en het gematrikuleer aan die Hoërskool Jan van Riebeeck. In 1972 het sy haar B.A.-graad in Drama aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf.

In 1974 verhuis sy na Gauteng en het tot aan die einde van 1976 as aktrise gewerk by Truk Speelwerk onder Robin Malan. Aan die einde van haar tweejaarkontrak as aktrise het sy weer begin om skool te hou en saans as kelnerin te werk. Katinka Heyns en haar man Chris Barnard was onder meer van die klënte wat sy bedien het by die restaurant. Katinka het in daardie tyd die regie behartig vir die TV-reeks Phoenix & Kie en Jana Cilliers, wat die rol van 'n kabaretsanger vertolk het, het voorgestel dat Katinka vir Laurika betrek as Jana se sangstem.

In 1973 gee sy onderrig in Afrikaans by Roggebaai Opleidingskool in Kaapstad en vanaf 1977–1978 gee sy Afrikaans by Hoërskool Riverlea in Johannesburg. Sy het ook Afrikaans onderrig vir immigrante by Hoërskool Sandown in Sandton vanaf 1978–1979. In 1974 word sy aangestel deur Woolworths as selekteerder vir kinderslaapklere. Vanaf 1975 het sy ook vir TRUK Speelwerk as 'n vryskutaktrise gewerk. Vanaf 1979 is Laurika Rauch 'n voltydse sangeres en haar eerste treffer Kinders van die Wind, word die eerste Afrikaanse liedjie wat tegelykertyd in die nommer een posisie op Radio 5 en Springbokradio in die laat sewentigs was. Laurika was een van die mees prominente sangers wat betrokke was by die opbloei van die nuwe Afrikaanse lied in die laat sewentiger – en tagtigerjare.

Tussendeur het sy ook by ander inisiatiewe betrokke geraak om uiting aan haar kreatiwiteit te gee. Sy het ’n plate-resensie rubriek geskryf vir die Radio & TV Dagboek, getiteld: Klinkgoed Van 1983–86 was sy ’n lektrise in sang en drama aan die Universiteit van Pretoria. In 2001 stig sy Laurika Rauch Produksies (Edms) Bpk. In 1999 stig sy saam met ’n vriendin Marlene Serfontein, 'n uitgewery: Laurika Rauch Boeke, die enigste publikasie wat deur hierdie uitgewery vrygestel is, is Laurika Rauch: Treffers vir Klavier en Kitaar.

Na die 13 weke se episodes, was die temalied 'n sukses en kon op Springbokradio en Radio 5 se treffersparade gehoor word.

Anton Goosen het haar in 1977 gevra om saam met hom te toer na die sukses van Kinders van die wind en haar Debuut-album. Oorspronklike liedjieskrywers was skaars in hierdie tyd en Goosen was toe ook besig om homself as kunstenaar te vestig met sy treffer, Kruidjie-roer-my-nie. Taubie Kushlick het Laurika in 1980 genooi om saam met Ann Hamblin en Ferdie Uphof die musiek van Jaques Brel in 'n nuwe produksie te vertolk. Kushlick het op grond van Laurika se goeie vertolking besluit om haar in te span vir Encore! Brel, 'n suksesvolle produksie wat vir ses maande in die Chelsea-teater in Hillbrow gespeel het. Hierna was daar ook 'n opvolgproduksie, The Best op Brel in 1983.

In 1981 word sy deel van die kabaret, Met permissie gesê, geskryf deur Hennie Aucamp met regie behartig deur Janice Honeyman, waar sy die verhoog deel met Amanda Strydom, Rina Nienaber, Gerben Kamper en Bill Curry. In Augustus 1996 tree sy op saam met die Transvaalse Filharmoniese Orkes (herbenoem NAPOP – nou ontbind) in die Opera van die Staatsteater in 'n program wat uitsluitlik uit haar eie repertoire bestaan. Die twee vertonings was uitverkoop. Laurika het al in België, Nederland, Londen, Duitsland, die Tsjeggiese Republiek en Australië opgetree.

In Desember 1993 het sy voor 'n gehoor van 13 000 mense in Utrecht opgetree, begelei deur die bekende Metropole Orkes. In Maart 1997 het die Karelsuniversiteit in Praag haar en haar pianis (Fanie Fouché) uitgenooi om Afrikaans as die jongste been van die Dietse taalgroep te verteenwoordig voor 'n gehoor van akademici van oor Europa en Oos-Europa. Die optredes was tydens die Departement van Nederlandistiek se 75ste Jubileum-feesvieringe by die universiteit.

Laurika is getroud met Christopher Torr, die komponis en skrywer van baie van haar grootste, asook mees onlangse treffers, soos Stuur Groete aan Mannetjies Roux, Op Blouberg se Strand, Hot gates, Die Gang, Die mense op die Bus, My ou Tante Koba, Die Siener, Stille Waters en nog vele meer. In 2011 het Chris se eerste musiekspel, Stuur groete aan Mannetjies Roux, die lig gesien en meer as 50 uitverkoopte vertonings is in die vier hoofsentra gelewer. Die film van Stuur Groete aan Mannetjies Roux wat gebaseer is op die verhoogstuk, met Anna-Mart van der Merwe en Ian Roberts in die hoofrolle, is in Desember 2013 vrygestel. Sy het in September 2013 'n toer na Australië en Nieu-Seeland onderneem. Sy het saam met haar span in Auckland, Brisbane, Melbourne en Perth opgetree. Een van haar hoogtepunte was dat sy 'n Koala-beertjie kon vashou.

Laurika het haar eerste album in 4 jaar, Wals, wals, Willemien in 2014 vrygestel en haar mees onlangse album, Die reis, in Oktober 2016 en Gunstelinge in Oktober 2017. In April 2016 is die Orde van Ikhamanga (in brons) aan haar toegeken. President Zuma bestows National Orders Awards, Jacarandafm.com. URL besoek op 30 April 2016. In 2018 het sy saam met Loki Rothman deelgeneem aan die Festival voor het Afrikaans in Amsterdam. In 2019 het sy 40 jaar in the musiekbedryf gevier deur 'n beperkte oplaag van 'n versamelstel getiteld Laurika Rauch – 40 Jaar vry te stel. Die boksies van slegs 1 000 kopieë bestaan uit 15 van haar mees geliefde albums.

Persoonlike lewe Sy is in 1984 met Christopher Torr getroud. Die egpaar woon in Pretoria en het twee kinders, Nina en Simon, asook 'n eerste kleinkind.

Loopbaan Haar man het in 1984 'n liedjie geskryf oor die bankrower André Stander, maar dit nooit opgeneem nie. Toe iemand vir Laurika 'n opname van die Oostenryker Udo Jürgens se musiek gee het om dit te gebruik vir moontlike vertalings het sy nie daarna geluister nie. "Ons het almal geglo dat ons op die maak van oorspronklike musiek en nie vertalings nie moes konsentreer”, het sy gesê.

Chris het na die liedjies geluister en besluit om 'n Afrikaanse weergawe daarvan te skryf en die gevolg was dat onder andere Blouberg se strand en ander treffers op hierdie wyse gebore is. Hierna het haar man baie van haar ander liedjies ook geskryf. Laurika self het nog nie lirieke geskryf nie, maar wel 'n paar gedigte getoonset soos: Nalekokers, Niks hangs so rooi soos wingerdblaar by Hexrivier, Ballade van 'n koningsdogter, Windliedjie en Toemaar die donker man.

Albums/Produksies

CD's/langspeelplate

Debuut (1979) – goue status – Dan Hill is verwerker en musiekregisseur. 'n Jaar in my lewe (1980) – Dan Hill is verwerker en musiekregisseur. Vir Jou (1981) – Dan Hill is verwerker en musiekregisseur. Jy is te dierbaar (1983) – goue status – Zane Cronjé is verwerker en musiekregisseur. Laurika op Versoek (1985) – samestelling. Encore! Laurika (1988) – goue status – Peter McLea is verwerker en musiekregisseur. Stuur Groete aan Mannetjies Roux (1990) : haar eerste Afrikaanse-album wat platinumstatus bereik het. - Peter McLea is verwerker en musiekregisseur. Grootste Treffers Volume 1 (1991) – goue status – samestelling. Die Gang (1992) – Peter McLea is verwerker en musiekregisseur. Hot Gates (1995) – goue status – Peter McLea is verwerker en musiekregisseur. Grootste Treffers Volume 2 (1996) – samestelling. The Brel Album (1997) – Peter McLea is verwerker en musiekregisseur. 19 Treffers van 21 Jaar (1999) (Hierdie album het drie-dubbele platinumstatus bereik.) – samestelling van treffers tot 1999. Die mense op die Bus (1999) – goue status. Dit was ook die gewilde temalied van die TV-reeks Iemand om lief te hê. - Marshall Harmse is verwerker en musiekregisseur. Hei mevrou Brown (dit gaan goed) (2000) – Jahn Beukes is verwerker en musiekregisseur. Vier Seisoene kind (2002) – Peter McLea is verwerker en musiekregisseur. My ou Tante Koba (2004) – Leon Ecroignard, Wouter van de Venter en Clinton Waring (haar orkeslede vanaf 1998–2004). Die nuwe Trefferalbum (2004) – samestelling. Chris se Trefferliedjies (2006) – Samestelling van al die liedjies van Christopher Torr tussen 1988 en 2006. 'n Lekker Verlang Liedjie (2007) – Louis Brittz is verwerker en musiekregisseur. Twee Duisend en Tien (2010) – Die album bestaan uit 1 CD met splinternuwe liedjies, plus 'n bonus CD met 11 liedjies van vroeër. Peter McLea is die verwerker en musiekregisseur. Wals, wals Willemien (2014) – goue status – Die album was Laurika se eerste album met hoofsaaklik oorspronklike liedjies sedert Tweeduisend-en-tien! Dit was baie goed ontvang en As ek eendag oud is en Murg en Been was op hoë rotasie op al die belangrike radiostasies geplaas. Die album het binne drie maande na vrystelling goue status bereik. Jaconell Mouton was die hoofverwerker en musiekregisseur, tesame met Juan (Floors) Oosthuizen. Die reis (2016) – Juan (Floors) Oosthuizen was die hoofverwerker en Devereaux van der Hoven-Oosthuizen, Loki Rothman en Bittereinder het ook verwerkings gedoen. Arnold Coleske was verantwoordelik vir die musiekregie, produksie en stemproduksie. Gunstelinge (2017) – 'n Samestelling van Laurika se gunstelingopnames tussen 2000 and 2017. 'n Nuwe weergawe van Kyk hoe glinster die maan kan ook op die album gehoor word. Laurika Rauch – 40 Jaar (2019) – 'n Beperkte oplaag van slegs 1000 eenhede van hierdie versamelstel met 15 van haar mees geliefde albums het haar 40 jaar in die musiekindustrie gedenk.

DVD's

Kom laat ons sing (2002), is 'n dokumentêr van ses episodes oor die ontwikkeling van die Afrikaanse liedjie vanaf die 1930's tot 2002. Laurika is die verteller en aanbieder. Laurika Rauch: Grootste treffers, LIVE (2006) – Dit is 'n lewendige opname van Laurika op die verhoog saam met 'n orkes waar sy haar bekendste liedjies sing. Louis Britz is die musiekregisseur en Deon de Bruyn is die videoregisseur. Stuur groete aan Mannetjies Roux is 'n film wat in Desember 2013 vrygestel is. Laurika vertolk 'n rol en is ook verantwoordelik vir die sang op die klankbaan. Hart en See is 'n produksie wat sy saam met Elvis Blue vrygestel het in 2015.

Televisieoptredes Fyn net van die Woord (±1976/77) Stephan Bouwer Musiek en Liriek (± 1980) Merwede van der Merwe In revue met…Laurika Rauch (±1981) Merwede van der Merwe Debuut (±1982) Mario le Grange Spies en Plessis Ollie Viljoen Potpourri Julie Strydom Teletreffers Johan van Rensburg Klub 88 Johan van Rensburg Laurika in België (± 1985) Marius du Plooy/Marc Robberechts Lekker Ligte Liedjies Merwede van der Merwe Kom kuier saam met Laurika Rauch Danie Odendaal Middagvertoning Met… Deon Deale Platepraatjies Johan Stemmet Hot Gates: 'n Dokumentêr (±1994/95) Llewelyn Roderick April 1980 (Film) Jan Scholtz Noot vir Noot Stemmburg Draadloos KykNET DKNT KykNET Geraas SABC2 Kom Laat ons Sing – 'n Dokumentêr (2002) Johan Badenhorst (kykNET) Huisgenoot Skouspel Plus (2009; 2010) Huisgenoot Skouspel (2000; 2001; 2002; 2003; 2006; 2007; 2008; 2009; 2012; 2013; 2014) KykNET Fiëstas (2013) Ian Von Memerty Kwêla (2014) Coenie de Villiers as aanbieder Jam-onderhoud (2014) André Calitz Die Republiek van Zoid-Afrika (2015) Carien Loubser Afrikaans is Groot 2015; 2016 en 2017