duimnael|links|Lightning T.5 XS417 by Newark Lugmuseum duimnael|links|ZU-BEX Electric Lightning T5 langs 'n Jaguar E-type in Kaapstad, Suid-Afrika, in 2002 Die English Electric Lightning is 'n supersoniese vegvliegtuig (onderskepper) uit die Koue Oorlog-era. Dit is ontwerp, ontwikkel en vervaardig deur English Electric, wat later geabsorbeer is deur die nuutgestigte British Aircraft Corporation. Dit is daarna bemark as die BAC Lightning. Die Lightning was die enigste volledig-Britse Mach 2 vegvliegtuig. Die Lightning is gebruik deur die Britse Lugmag (Royal Air Force) en die Koninklike Saoedi Lugmag (RSAF). Alhoewel dit die RAF se primêre onderskepper was vir meer as twee dekades, was dit nooit nodig om 'n ander vliegtuig aan te val nie.
Die Lightning word aangedryf deur twee Rolls-Royce Avon turbostralerenjins in 'n unieke steiergestapelde installasie in die romp. Dit is ontwikkel om toenemend-kragtiger bomwerpers (Toepolef Tu-16, Toepolef Tu-22, Toepolef Tu-95) te onderskep, en spog dus met 'n uitsonderlike klimkoers, diensplafon en spoed; vlieëniers het 'n vlug hiermee beskryf as "om opgesaal te wees aan 'n vuurpyl". Hierdie prestasie het die Lightning ongelukkig 'n "brandstof-kritiese" vliegtuig gemaak, wat beteken dat sy missies tot 'n groot mate bepaal word deur sy beperkte reikafstand. Latere ontwikkelings bied 'n groter togafstand en spoed saam met lugverkenning- en grondaanvalsvermoë.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die English Electric Lightning: Item Statistiek Aantal motors 2 Tipe motorStraalmotor Vervaardiger Rolls-Royce Avon 301 turbostraal met nabrander. Kraglewering per motor 7 420 perdekrag Vlerkspan 10,62 m Lengte 16,84 m Hoogte 5,97 m Vlerkoppervlakte 42,97 m2 Normale opstygmassa 19 047 kg Maksimum snelheid 2 112 km/h Operasionele hoogte 16 770 m Togafstand 1 290 km Klimvermoë 15 240 m per minuutBewapeningTwee Red Top of Firebreak infrarooisoekende lug-tot-lug missieleof twee batterye van 22 50 mm ongeleide vuurpyle.Twee 30 mm Aden kanonne kan ook in die buik gedra word.
Sien ook Lys van vegvliegtuie
Verwysings
Eksterne skakels
Lightning-bladsy Thunder & Lightnings BAC Lightning Info Lightning Association
Kategorie:Vegvliegtuie