duimnael|links|Finse Messerschmitt Bf 109 G-2s tydens die Voortsettingsoorlog. duimnael|links|'n F/A-18 van die Finse Lugmag duimnael|links|Pilatus PC-12 Die Finse Lugmag (FAF of FiAF; Fins: Ilmavoimat ("Lugkragte"), Sweeds: Flygvapnet ("Lugarm")) is een van die takke van die Finse Weermag. Sy vredestydse take is lugruimtoesig, identifikasievlugte, en die instandhouding van gereedheidsformasies vir oorlogstye. Die Finse Lugmag is as 'n aparte tak van die militêre magte op 4 Mei 1928 gestig, maar het reeds sedert 6 Maart 1918 amptelik as die Leërlugvaartkorps bestaan.Shores 1969, bl. 3.

Die FiAF se hoofdoel was om lugsuperioriteit oor Finland te verkry en te verhoed dat die Sowjetlugmag hul voorste linies verstewig. Die vegeskaders was baie suksesvol in die Finse offensief van 1941. 'n Gestroopte, meer beweeglike en aansienlik ligter weergawe van die Amerikaanse Brewster B239 "Buffel" was die FiAF se belangrikste vegter tot in 1943. Resultate met hierdie vegter was puik, selfs al is die tipe as 'n mislukking beskou in die Amerikaanse Vloot en die Britse Verre-Oostemagte. In Finse gebruik, het die Brewster 'n oorwinningskoers van 32:1 – 459 dood teen 15 verliese.

Duitse Bf 109s vervang die Brewster as die primêre voorlinievegter van die FiAF in 1943, maar al die Buffels het voortgegaan om in sekondêre rolle tot die einde van die oorloë te funksioneer. Ander tipes, veral die Italiaanse Fiat G.50 en Curtiss Hawk 75 is ook as bruikbaar bewys in die hande van goed-opgeleide Finse vlieëniers. Verskeie Russiese ontwerpe was ook in aksie, nadat hulle herstel is weens ligte beskadiging.

In die 1990's, toe die Koue Oorlog verby is, het die Finse Lugmag sy beleid van aankope van Sowjet- /Russiese vliegtuie herroep en sy vegtervleuel van Saab Draken en MiG-21s vervang met Amerikaanse McDonnell Douglas F/A-18 Hornets.Finland MiG-21 Aviata.net Besoek 22 Februarie 2017 Jeziorski, Andrzej F-18 costs delay to Finnish support requirements. 15 November 1995 Flight Global Besoek 22 Februarie 2017 F/A-18 Hornet Global Security Besoek 22 Februarie 2017 Finse Lugmag Besoek op 22 Februarie 2017.

Tans is die FAF in drie lugtakke georganiseer, elkeen opgedra aan een van die drie lugverdedigingsgebiede waarin Finland verdeel is. Die belangrikste vleuelbasisse is in Rovaniemi, Tampere en Kuopio-Rissala, elk met 'n frontlinie-eskader. Vlieënieropleiding word onderneem by die Lugmagakademie in Tikkakoski, met die gevorderde kursus aangebied op eskadervlak.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Finland Kategorie:Lugmagte