Die vlae gebruik in motorwedrenne, insluitend Formule 1, dien as kommunikasie tussen die wedrenbeheer (organiseerders) en die deelnemers (renjaers).

Vlag Betekenis 60px Swart-en-wit geruite vlag: Die oefening, kwalifisering of wedren is voltooi/beëindig. 60px Rooi vlag: Die kompetisie word gestaak of die wedren word onderbreek/ baan gesluit. 60px Blou vlag: 'n Renjaer is op die punt om verbygesteek te word en moet aan die vinniger motor(s) voorrang verleen. 'n Renjaer ontvang 'n straf as hy drie blou vlae geïgnoreer het. Tydens 'n wedren word hierdie vlag slegs vertoon aan renjaers wat 'n ronde agterstand het. 60px Geel vlag: Daar is gevaar; renjaers moet hul spoed verminder en mag nie mekaar verbysteek nie. Geel vlae op alle poste en die SC-bord dui aan dat die veiligheidsmotor ontplooi is. 'n Dubbele geel vlag dui aan dat daar gevaar op die renlyn is, bestuurders moet nog stadiger ry en gereed wees om te stop. 60px Groen vlag: Einde van die gevaar; inhaalverbod geld nie meer nie. 60px Wit vlag: 'n Formule 1-motor of 'n ander voertuig ry stadig op die baan. Dié vlag word geswaai om ongelukke te vermy. 60px Geel vlag met vertikale rooi strepe: Daar lê olie of water op die baan, die oppervlak is dus glad en gevaarlik. 60px Swart-en-wit vlag: 'n jaer word weens onsportiewe gedrag gewaarsku. Word saam met die motornommer van die jaer getoon. 60px Swart vlag met oranje kol op: 'n jaer word gewaarsku dat hy weens 'n tegniese probleem direk by die kuipe moet intrek. Word saam met die motornommer getoon. 60px Swart vlag: 'n renjaer word deur die wedrenbeheer aangesê om direk by die kuipe in te trek. Dikwels lei dié tot diskwalifisering van die bestuurder vanweë 'n ernstige oortreding. Word saam met die motornommer getoon.

Kategorie:Motorsport