duimnael|200px|Shiva (agter), die belangrikste god in Shaivisme.
Shaivisme (van Sanskrit शैव Śaiva, "wat tot Shiva behoort") is een van die vier groot tradisies in Hindoeïsme; die ander is Vaishnavisme, Shaktisme en Smartisme. Dit word ook Shivaïsme of Sjiwaïsme genoem, en die volgelinge daarvan Shivaïste of Sjiwaïste; hulle beskou Shiva as die oppergod of sy bosinnelike konsep van brahman.
Beskrywing Nes ander Hindoetradisies is daar baie subtradisies in Shaivisme, wat wissel van gewyde dualistiese teïsme soos Shaiva Siddhanta tot jogageoriënteerde monistiese nieteïsme soos Kashmiri Shaivisme.Ganesh Tagare (2002), The Pratyabhijñā Philosophy, Motilal Banarsidass, , ble. 16–19 Dit beskou beide die Veda- en die Agama-geskrifte as belangrike teologiese bronne.David Smith (1996), The Dance of Siva: Religion, Art and Poetry in South India, Cambridge University Press, , page 116Mariasusai Dhavamony (1999), Hindu Spirituality, Gregorian University and Biblical Press, , ble. 31–34 met voetnoteMark Dyczkowski (1989), The Canon of the Śaivāgama, Motilal Banarsidass, , pages 43–44
Shaivisme het ’n antieke oorsprong, waarskynlik uit die Vediese letterkunde van die 2de millennium, maar dit is in die vorm van die Vediese godheid Rudra.Peter Bisschop (2011), Shaivism, Oxford University Press Die antieke geskrif Shvetashvatara Upanishad, wat van die 1ste millennium dateer, gebruik terme soos Rudra, Shiva en Maheshwaram,[a] Paul Deussen, Sixty Upanishads of the Veda, Volume 1, Motilal Banarsidass, , pages 301-304;[b] R G Bhandarkar (2001), Vaisnavism, Saivism and Minor Religious Systems, Routledge, , pages 106-111Robert Hume (1921), Shvetashvatara Upanishad, The Thirteen Principal Upanishads, Oxford University Press, pages 400-406 with footnotes maar die vertolking daarvan as ’n teïstiese geskrif word in twyfel getrek.A Kunst, Some notes on the interpretation of the Ṥvetāṥvatara Upaniṣad, Bulletin of the School of Oriental and African Studies, Vol. 31, uitg. 2, Junie 1968, ble. 309-314; D Srinivasan (1997), Many Heads, Arms, and Eyes, Brill, , ble. 96-97 en hfst. 9 Die eerste duidelike bewyse van Pāśupata Shaivisme kom in die vroeë eeue n.C. voor. Beide gewyde en monistiese Shaivisme het in die 1ste millennium gewild geraak en vinnig die oorheersende godsdienstradisie van baie Hindoekoninkryke geword. Dit het kort daarna in Suidoos-Asië gewild geraak en duisende Shaiva-tempels is op eilande van Indonesië sowel as Kambodja en Viëtnam opgerig. Dit het in hierdie streke saam met Boeddhisme ontwikkel.
Shaivisme is die Hindoetradisie wat die asketiese leefwyse die meeste aanvaar en veral klem lê op joga. Dit is een van die grootste tradisies van Hindoeïsme.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Hindoetradisies