Dr. Sarvepalli Radhakrishnan (1888–1975) was 'n Indiese filosoof. Hy was bekend vir sy werk op vergelykende godsdiens en vergelykende Westerse en Oosterse filosofie. Hy was ook 'n onderwyser in Indië en later was hy 'n dosent aan die Universiteit van Oxford in die Verenigde Koninkryk. Daarbenewens was hy ook 'n staatsman en het as die tweede President van Indië gedien.
Radhakrishnan se verjaarsdag, 5 September, is ter herdenking van hom as Onderwysersdag in Indië erken.
Filosofie Radhakrishnan het kritiek gelewer op die westerse wyse van onderrig. Die basis van sy kritiek was dat die teologie die westerse filosofie gedomineer het en die gevolg daarvan was die beperking van vryheid van uitdrukking.
Hy het boeke geskryf oor die Indiese filosofie, en daarin het hy probeer om die aandag van westerse filosowe te kry. In sy boek, The Idealist View of Life, vergelyk hy die verskillende metodes van die denkproses met spesiale beklemtoning op die simplisties-rasionele metode van denk.
Verwysings
Eksterne skakels
"The Legend of Dr. Sarvepalli Radhakrishnan"
Kategorie:Filosowe Kategorie:Geboortes in 1888 Kategorie:Indiese politici Kategorie:Presidente Kategorie:Sterftes in 1975