Ahmed Hoosen Deedat (Gujarati: અહમદ હુસેન દીદત, 1 Julie 1918 – 8 Augustus 2005) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer en openbare spreker van Indiese afkoms. Ahmed Deedat – How It All Began, by Fatima Asmal, Islamic Voice, September 2005 Hy was veral bekend as 'n Moslem-sendeling, wat talle inter-godsdienstige openbare debatte met evangeliese Christene, sowel as video-lesings oor Islam, die Christendom en die Bybel gehou het. Deedat het die IPCI, 'n internasionale Islamitiese sendelingsorganisasie gestig. Hy het ook verskeie boeke oor Islam en die Christendom geskryf. In 1986 het hy die Koning Faisal Internasionale Prys ontvang vir sy vyftig jaar van sendingwerk. Hy het sy skryfwerk en lesings in Engels gedoen.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Moslems Kategorie:Geboortes in 1918 Kategorie:Sterftes in 2005