duimnael|300px|Irving Berlin se "This Is the Army, Mr. Jones", uitgevoer deur kruiskleders (1942).

Kruiskleding (Engels: cross-dressing) is die dra van klere en bykomstighede wat gewoonlik in ’n spesifieke gemeenskap met die teenoorgestelde geslag, of gender, verbind word."cross-dress." The American Heritage Dictionary of the English Language, 4de uitg. Houghton Mifflin Company, 2004. Dit word gebruik vir vermomming, gerief of selfuitdrukking. Die term kruiskleding dui op ’n daad of gedrag sonder om ’n rede daarvoor te impliseer, terwyl fopdossery ’n "enigsins neerhalende"Elektroniese WAT aanduiding kan wees van fetisjisme of gay gedrag. Ook die term transvestiet word as verouderd en neerhalend beskou. Kruiskleding is nie sinoniem met transgenderisme nie.

Byna elke gemeenskap regdeur die geskiedenis het algemeen aanvaarde verwagtings vir elke geslag wat betref die styl, kleur of soort klere wat hulle dra, en net so het elke gemeenskap ’n stel riglyne, sienings of selfs wette wat bepaal watter drag vir elke gender aanvaarbaar is. Kruiskleding laat individue dus toe om hulleself uit te druk deur op te tree buite die riglyne, menings of selfs wette wat bepaal watter klere vir elke gender toelaatbaar is.

In die geskiedenis is daar talle voorbeelde van kruiskleding, asook in die Griekse, Noorse en Hindoemitologie. Dit kom voor in teater en godsdiens, sowel as in folklore, letterkunde en musiek. In Europese verband het teatergroepe in die vroeë jare net uit mans bestaan, en die rolle van vroue is deur jong seuns vertolk.

Verskeie historiese figure het gekruisklee. Baie vroue het ontdek hulle kan hulleself soos mans vermom om gesogter loopbane te kan volg, omdat hulle van baie poste uitgesluit was. Daar is al voorgestel die Engels-Ierse skryfster Margaret King het in die 19de eeu soos 'n man aangetrek om 'n mediese skool by te woon, want net mans is toe op universiteit toegelaat.

In baie lande is kruiskleding met wette verbied omdat dit as onbetaamlik of immoreel beskou is. Baie sulke wette is in die 1900's verander, maar kruiskleding het eers in die 20ste en 21ste eeu aanvaarbaar geword in liberaler gemeenskappe, deels omdat dit al hoe moeiliker geword het om te onderskei tussen wat kruiskleding is en wat nie namate modes verander het.

Sommige mans, gewoonlik heteroseksueel, dra soms vroulike klere-items as deel van ’n seksuele fetisj. Dit is dikwels beperk tot onderklere. Ander gebruik kruiskleding om ’n algehele indruk te wek dat hulle ’n lid van die teenoorgstelde geslag is, insluitende mannerismes, spraak en seksuele eienskappe. Party mense span ’n gemengde voorkoms in, met manlike én vroulike eienskappe, byvoorbeeld ’n rok en baard.

Cosplayers kan ook van kruiskleding gebruik maak, want sommige vroue kan die rolle van mans wil vertolk, en andersom. Kruiskleding is vandag baie algemener en normaler danksy die optrede van mode-ontwerpers en glanssterre, asook neigings soos kamp styl en androgene modes.

Terminologie Die verskynsel kruiskleding kom deur die hele aangetekende geskiedenis voor, tot so ver terug as die Hebreeuse Bybel. Die terme waarmee dit beskryf word, het deur die geskiedenis verander. Die term van Angelsaksiese oorsprong, "kruiskleder", het in sommige kringe 'n gunstiger betekenis as die term van Latynse oorsprong, "transvestiet". Laasgenoemde word meestel as verouderd en neerhalend beskou.

Die eerste gebruik van laasgenoemde term dateer uit 1910 in Magnus Hirschfeld se Die Transvestiten ("Die Transvestiete"), waar kruiskleding met nieheteroseksuele gedrag of seksuele afwykings verbind word. Die verbintenisse van die term het in die 20ste eeu in 'n groot mate verander en dit is meer dikwels gebruik in verband met seksuele opwinding, wat andersins bekend is as trasvestitiese verstoring. Dié term is histories gebruik om psigiatriese verstorings (soos transvestitiese fetisjisme) te beskryf, maar die term "kruiskleding" is deur die transgender gemeenskap uitgedink.

Die vroegste gebruik van "cross-dress" en "cross-dresser" in Engels is onderskeidelik in 1966 en 1976.

thumb|190px|Die Amerikaanse fotograaf Frances Benjamin Johnston (regs) poseer saam met twee kruiskledervriende; hy identifiseer die "dame" as die illustreerder Mills Thompson. Omstreeks 1890. Geskiedenis Nie-Westerse geskiedenis Kruiskleding is deur die aangetekende geskiedenis algemeen beoefen, in baie gemeenskappe en om baie redes. Voorbeelde bestaan in die Griekse, Noorse en Hindoemitologie. Dit kom voor in teater en godsdiens, sowel as in folklore, letterkunde en musiek. In Japan se edo-tydperk is kruiskleding nie net vir teaterdoeleindes gebruik nie, maar ook in die gemeenskap self: Kruiskleding en die omruil van geslagsrolle was algemeen onder die Japannese van die tyd. Dit was veral algemeen in die vertellings van antieke stories. Gemeenskapstandaarde in dié tyd het grense tussen geslagte verbreek. So het antieke Japannese portrette van aristokrate geen duidelike onderskeid in die voorkoms van manlike en vroulike skoonheid getref nie.

Die kruiskleding van akteurs was ook algemeen, veral aangesien dit maklik was om biologiese geslag weg te steek onder maskers en swaar kleding.

In 'n nievermaaksopset is kruiskleding ook in Koreaanse sjamanisme aangetref vir godsdienstige doeleindes. Hier het dit verskeie doele gedien: Die sjamaan, gewoonlik 'n vrou, het verskillende klere aangetrek omdat 'n manlike of vroulike gees haar kon beset.

Westerne geskiedenis In Europese verband het teatergroepe in die vroeë jare net uit mans bestaan, en die rolle van vroue is deur jong seuns vertolk.

Die Rebekka-opstande het tussen 1839 en 1843 in die weste en sentrale deel van Wallis plaasgevind. Dit was 'n reeks opstande deur boere en plaaswerkers teen onregverdige belastingheffing.

thumb|290px|links|'n Uitbeelding van Walliese werkers in vroueklere in die Rebekka-opstande, Illustrated London News 1843. Die mans, wat dikwels soos vroue aangetrek het, het hulle aksie teen tolhekke gemik, aangesien dit verteenwoordigend van hoë belasting en tolgeld was. Die opstande het voor 1844 opgehou, deels vanweë meer soldate wat orde gehandhaaf het, die besluit van betorgers om geweld te vermy en die verskyning van misdaadgroepe wat die vermomming van die Bybelse karakter Rebekka vir hulle eie doeleindes gebruik het. In 1844 is 'n wet in die parlement goedgekeur om die wette oor belasting en tolgeld in Wallis te konsolideer en verander.

Verskeie historiese figure het in wisselende mates gekruisklee. Baie vroue het ontdek hulle kan hulleself soos mans vermom om in die groter wêreld te kan deelneem. Daar is al voorgestel die Engels-Ierse skryfster Margaret King het in die 19de eeu soos 'n man aangetrek om 'n mediese skool by te woon, want universiteite het destyds net mans toegelaat.

Die verbod op vroue wat mansklere dra, iets wat eens streng toegepas is, vind vandag nog weerklank in sommige Westerse gemeenskappe wat van vroue en meisies verwag om rokke en rompe te dra, byvoorbeeld as deel van skool- of kantoordrag. In party lande word vroue steeds verbied om mansklere te dra, selfs in informele situasies. Soms word broeke, ongeag hoe los en lank hulle is, steeds beskou as onbehoorlik. Dit kan lei tot swaar strawwe, soos in die geval van die joernalis Lubna al-Hussein in 2009 in Soedan.

Regskwessies In baie lande is kruiskleding met wette verbied omdat dit as onbetaamlik of immoreel beskou is. Baie sulke wette is in die 1900's verander om mense die reg van vryheid tot genderuitdrukking te gee wat hulle klere betref.

Van 1840 af het staats- en stadswette in die VSA mense verbied om in die openbaar te verskyn met klere wat onvanpas vir hulle geslag was. Die doel daarvan was om 'n gendernormatief af te dwing wat ingedruis het teen talle genderidentiteite. Met die verloop van tyd het dit al hoe moeiliker geword om te onderskei tussen wat kruiskleding is en wat nie. Dié wette het eers onlangs verander. Tot in 2011 was dit nog moontlik dat 'n man in hegtenis geneem kon word vir die "nabootsing van 'n vrou" – 'n oorblyfsel van 19de-eeuse wette.

Regsvoorvalle het egter nog deur die 20ste eeu voorgekom, en polisiemanne het dikwels onbestaande wette of herroepte wette aangehaal om die LGBTQ-gemeenskap te teiken.

Dit was nie tot die VSA beperk nie. Daar is steeds 13 lidlande van die VN wat transgender individue eksplisiet kriminaliseer, en meer lande gebruik uiteenlopende wette om hulle te teiken, veral wette teen kruiskleding, soos bevind deur die Trans Legal Mapping Report van die International Lesbian, Gay, Bisexual, Trans and Intersex Association. In Maleisië is 'n wet byvoorbeeld eers in 2014 herroep wat Moslemmans verbied het om as 'n vrou te kruisklee.

In die Australiese deelstaat Tasmanië is kruiskleding in 1935 'n misdaadoortreding gemaak, en dit is eers in 2000 herroep.

Verskeidenheid Daar is ’n groot verskeidenheid maniere van kruiskleding en baie verskillende redes waarom mense dit doen.Rainbow Reader, Fort Wayne, Indiana Sommige doen dit as ’n stylkeuse of vanweë ’n persoonlike voorkeur vir klere van die teenoorgestelde geslag. Soms word dit gedoen om die sosiale norme uit te daag.

Geslagsvermomming Geslagsvermomming is al deur lede van albei geslagte toegepas om hulself as iemand anders voor te doen, en word dikwels in die letterkunde, toneelstukke, rolprente en ballades as tema gebruik. Histories het vroue hulle al as mans vermom om poste te kry wat deur mans oorheers is of uitsluitlik vir hulle was, soos in die weermag. Mans het hulle weer soos vroue aangetrek om byvoorbeeld militêre diensplig vry te spring.

duimnael|225px|Drag queens gebruik fopdossery om te vermaak. Kruiskleding, veral mans wat vroueklere dra, word dikwels vir komiese effek op die verhoog en die grootskerm gebruik. Veral fopdossery is ’n spesiale vorm van vermaak wat op kruiskleding geskoei is. ’n Drag queen is gewoonlik ’n man wat as ’n oordrewe vroulike karakter optree, met oordadige klere, hoëhakskoene, baie grimering en ’n pruik. Soms boots hulle spesifieke film- of popsterre na. ’n Faux queen is ’n vrou wat dieselfde tegniek gebruik. ’n Vrou wat soos ’n manlike ster aantrek en optree, is ’n drag king.

Sommige mans, gewoonlik heteroseksueel, dra soms vroulike klere-items as deel van ’n seksuele fetisj. Dit is dikwels beperk tot net vroue-onderklere. Ander gebruik kruiskleding om ’n algehele indruk te skep dat hulle ’n lid van die teenoorgstelde geslag is, insluitende mannerismes, spraak en seksuele eienskappe. Party mense span ’n gemengde voorkoms in, met manlike én vroulike eienskappe, byvoorbeeld ’n rok en baard.

Een beroemde geval van gendervermommimg was toe Bernard Boursicot, 'n Franse diplomaat, betrap is in 'n "heuningpot"-lokval (waarin hy verlei is om aan Chinese spioenasie deel te neem deur Shi Pei Pu, 'n manlike sanger van Beijing wat vroulike rolle vertolk het; Boursicot het gedink hy is 'n vrou.) Dié geval het in 1986 'n soort cause célèbre in Frankryk geword, want Boursicot en Shi is verhoor vanweë die ongewone seksuele slenterslag wat beweer is.Hawthorne, Melanie C. "Du Du That Voodoo": M. Venus en M. Butterfly. Gepubliseer in L'Esprit Créateur Volume 37, Number 4, Winter 1997 E- Druk pp. 58-66. Besoek op 14 November 2011.

Sommige meisies in Afganistan is selfs ná die val van die Taliban deur hulle families as seuns vermom. Dit is bekend as bacha posh.

Teater en vermaak Teatergroepe wat net uit lede van een geslag bestaan, gebruik dikwels kruiskleding om die rolle van die teenoorgestelde geslag te vertolk. Fopdossery, veral mans in vroueklere, word dikwles vir komiese effek gebruik.

thumb|180px|links|Dan Leno as Widow Twankey in die pantomime Aladdin van 1896 in Londen. Seunsakteurs verwys na kinders wat in die Middeleeue en Britse renaissance die rolle van vroulike karakters vertolk het, want vroue is nie destyds op die verhoog toegelaat nie. Ander het in kindergroepe gewerk waar al die rolle deur seuns vertolk is, nie net dié van vroue nie.