duimnael|240px|Die Triomf van Flora, deur Tiepolo (c. 1743), ’n toneel wat geskoei is op Ovidius se beskrywing van die Floralia.Ovidius, Fasti, Boek 4; T.P. Wiseman, The Myths of Rome (University of Exeter Press, 2004), pp. 1–11.
Die Floralia was in antieke Rome ’n fees ter ere van die godin Flora wat einde April gehou is. In Latyn was die fees bekend as die Ludi Florae, die "Spele van Flora". In die tyd van die Romeinse Ryk het dit ses dae lank geduur.H.H. Scullard, Festivals and Ceremonies of the Roman Republic (Cornell University Press, 1981), p. 110.
Die fees het ’n losbandige atmosfeer met ’n soeke na plesier gehad. In teenstelling met feeste wat op Rome se argaïese patrisiese godsdiens geskoei was, het die Spele van Flora ’n plebejiese karakter gehad.William Warde Fowler, The Roman Festivals of the Period of the Republic (Londen, 1908), p. 92.
Verwysings
Kategorie:Antieke Romeinse godsdiens Kategorie:Feesdae