James (Jim) Bowie (1796–1836) was 'n Amerikaanse avonturier wat in Kentucky gebore is. Bowie het help veg vir Texas se onafhanklikheid van Meksiko tydens die Texaanse Onafhanklikheidsoorlog. Hy was 'n mede-bevelvoerder in die slag van Alamo, waarin hy dan ook gesneuwel het.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

duimnael|links|'n Bowie-mes Bowie word as 'n Amerikaanse volksheld beskou. Stories van hom as 'n vegter, sommige werklik en ander fiktief, het hom 'n legendariese figuur in Texas se geskiedenis gemaak.

Die Bowie-mes is na hom vernoem, hoewel dit deur sy broer Rezin Bowie (1793–1841) ontwerp is. Dit is ’n groot mes met ’n lem wat ’n kurwe vorm.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Amerikaanse militariste Kategorie:Kolonels Kategorie:Geboortes in 1796 Kategorie:Sterftes in 1836