Die uilmot (Cyligramma latona) is 'n mot wat ook in Suidelike Afrika voorkom. Dit lyk asof daar 'n paar oë op die vlerke is en dit het 'n vlerkspan van tot 75 mm. Lig, die reuk van alkoholiese drank en oorryp vrugte trek hulle aan. Hulle lewenssiklus is 'n week en hulle vrek nadat hulle gepaar en eiers gelê het. Die mot se larwe kom op Acacias voor.

Verspreiding Uilmotte kom voor in Botswana, Kameroen, Tsjad, Comore, Kongo, Demokratiese Republiek van die Kongo, Egipte, Eritrea, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Sierra Leone, Somalië, Suid-Afrika, Soedan, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe.

Habitat Dit kom wydverspeid voor, maar veral in die bosveld en in subtropiese woude.

Kenmerke Uilmotte het 'n vlerkspan van 75 mm, albei vlerke word deurkruis deur 'n roomkleurige streep, en daar is 'n opvallende oogkol op elke voorvlerk.

Verwysings

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse vlinders

Bron Koerantberig: Gauteng kry baie uilmotte ná nat seisoen''. Beeld. 1 April 2017.

Kategorie:Motte