regs|duimnael|160px|'n Netjiese wit jas 'n Wit jas of laboratoriumjas (dikwels afgekort tot labjas) is 'n knielengtejas wat gedra word deur professionele mense in die mediese veld of deur diegene wat betrokke is in laboratoriumwerk. Die jas beskerm hul gewone klere en dien ook as 'n eenvoudige uniform. Sulke mense word dikwels 'n witjas genoem.

Kleur Die kledingstuk word van wit of liggekleurde katoen, linne of 'n katoen-poliëstermengsel gemaak, sodat dit teen 'n hoë temperatuur gewas kan word, en ook maklik gesien kan word of dit skoon is. Tydens langdurige / veelvuldig gebruik kan dit gebeur dat die wit labjas steeds minder wit word. By sommige opleidingsinstansies word 'n vuil jas gesien as 'n teken dat die draer baie ure in die laboratorium deurgebring het, en dus baie ervaring in laboratoriumwerk het. Buite die opleidingsplek verkies gebruikers eerder 'n wit, skoon jas vir higiëne.

Mediese gebruik Wit jasse word gesien as 'n kenmerk van beide dokters en chirurge, wat dit al langer as 100 jaar dra.Hardy, Susan and Corones, Anthony, "Dressed to Heal: The Changing Semiotics of Surgical Dress", Fashion Theory, (2015), pp.1-23. doi=10.1080/1362704X.2015.1077653 In die 19de eeu was respek vir die sekerheid van die wetenskap in skrille kontras met die "kwaksalwery" en mistiek van die 19de-eeuse medisyne. Om die oorgang na 'n meer wetenskaplike benadering tot moderne medisyne te toon, het dokters gepoog om hulself as wetenskaplikes te laat geld deur die mees herkenbare simbool van die wetenskaplike, die wit laboratoriumjas, te begin dra.

Witjasseremonies Onlangs het witjasseremonies gewild geword onder diegene wat pas by 'n mediese skool ingeskryf het. 'n Wit jas word seremonieel om die nuwe student se skouers gehang tydens 'n spesiale funksie. regs|duimnael|160px|'n Laboratoriumjas

Omstredenheid oor infeksie-oordrag Studies het getoon dat doktersjasse wat in hospitale gedra word, aansteeklike kieme kan huisves, insluitend metisillien-weerstandige Staphylococcus aureus. In 2007 het die Britse nasionale gesondheidsdiens 'n verbod op die dra van langmoujasse geplaas. In 2009 het die Amerikaanse Mediese Vereniging ook ondersoek ingestel na jasse met lang moue, om pasiënte te beskerm, maar het toe nie 'n verbod ingestel nie.

In 'n poging om besmetting deur gesondheidsorguniforms te verminder, het ASTM International begin om standaarde te ontwikkel om spesifiek vloeistofpenetrasieweerstand, vloeistofweerstand, bakteriële dekontaminasie (reiniging), en antimikrobiese eienskappe van sodanige uniforms te pak.

Gebruik as 'n skooluniform Die alomteenwoordige wit uniform van Argentynse skoolkinders is 'n nasionale simbool van hul leerders. Wit oorjasse (wat soos labjasse lyk) word deur studente en onderwysers van die meeste openbare primêre skole as 'n daaglikse uniform gedra in lande soos Argentinië, Uruguay, Spanje, Bolivië en Marokko, en voorheen ook in Paraguay en Chili.

Verwysings

Kategorie:Kleding Kategorie:Laboratoriumtoerusting