James Martin Pacelli McGuinness (Iers: Séamus Máirtín Pacelli Mag Aonghusa, * 23 Mei 1950; † 21 Maart 2017) was 'n Iers-Republikeinse en Sinn Féin-politikus wat tussen Mei 2007 en Januarie 2017 as vise-premier (deputy First Minister) van Noord-Ierland gedien het.

McGuinness, 'n gewese leier van die Provisionele Ierse Republikeinse Leër (IRA)'' wat sy lidmaatskap in dié organisasie erkenThe Guardian, 19 Januarie 2017: Martin McGuinness, the man who helped steer IRA away from terrorism. Besoek op 22 Maart 2017 en volgens vele self bloed aan sy hande gehad het, was vanaf 1997 tot en met sy bedanking in 2013 lid van die Britse Parlement vir die Noord-Ierse kiesafdeling Mid Ulster. Net soos alle ander verkose Sinn Féin- en SDLP-parlementslede het hy - uit protes teen die politieke status van Noord-Ierland as deel van die Verenigde Koninkryk - verkies om nie sy plek in die Westminster-parlement in te neem nie. Nogtans het hy - saam met die Amerikaanse spesiale gesant George Mitchell - 'n leidende rol in die onderhandelinge gespeel wat tot die Noord-Ierse Vredeskikking, die sogenaamde Goeie Vrydag-ooreenkoms, sou lei, en later verskeie kere met koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk ontmoet. duimnael|links|Die begrafnis van Martin McGuinness. Sy doodskis word hier gedra deur Gerry Adams (eerste van links), Michelle O'Neill (derde) en Mary Lou McDonald (vierde) Ná die St Andrews-ooreenkoms en die algemene Noord-Ierse verkiesing in 2007 het McGuinness, wat destyds die amp van partyleier van die Iers-Republikeinse Sinn Féin in Noord-Ierland beklee het, op 8 Mei 2007 die vise-premier van Noord-Ierland geword. Merkwaardig was die hegte vriendskapsband wat hom met sy vroeëre politieke teenstander en leier van die Protestantse Demokratiese Unionisteparty (DUP), Ian Paisley, verbind het wat die amp van premier beklee het. Op 5 Junie 2008 is hy herbenoem as vise-premier toe Paisley as eerste minister opgevolg is deur Peter Robinson.

Uit protes teen 'n skandaal oor 'n Hernieubare verwarmingsenergieprogram het McGuinness op 9 Januarie 2017 as vise-premier bedank. Op 19 Januarie het hy aangekondig dat hy weens sy swak gesondheidstoestand nie vir herverkiesing in die algemene Noord-Ierse verkiesing van 2 Maart 2017 sou staan nie. Martin McGuinness is op 21 Maart 2017 in Derry se Altnagelvin-hospitaal aan amylodoïsis, 'n rare hartsiekte, oorlede. Hy word oorleef deur sy vrou Bernadette (Bernie) en hul vier kinders. Bernie McGuinness het op 21 Maart, kort na Martin se afsterwe, saam met ander die doodskis van haar eggenoot, waaroor 'n Ierse vlag gedrapeer is, deur die Bogside-buurt van Derry gedra.Belfast Telegraph, 21 Maart 2017: Martin McGuinness death: Mourners applaud as former Sinn Fein Deputy First Minister's body arrives home in Derry. Besoek op 21 Maart 2017

Verwysings

Kategorie:Noord-Ierse politici Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Sterftes in 2017