Wim Botha (1974–) is ’n Suid-Afrikaanse installasiekunstenaar en beeldhouer. Hy ondersoek die ikone van Westerse kuns in sy werk en rekonstrueer hulle op ’n uitdagende en diepsinnige wyse.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Lewensloop Botha is in 1974 in Pretoria gebore en woon tans in Kaapstad. Hy het in 'n voorstedelike gebied aan die oostekant van Pretoria grootgeword. In 1996 verwerf Botha 'n graad in Visuele Kunste van die Universiteit van Pretoria.

Botha stal sedert 1995 sy werk plaaslik en internasionaal uit. Hy het die Helgaard Steyn-prys in 2013 vir beeldhouwerk ontvang, die Standard Bank Jong Kunstenaar-prys in 2005, en die Tollman-prys in 2003.

Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse kunstenaars

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse kunstenaars Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse beeldhouers Kategorie:Geboortes in 1974