Die Aichi D3A is 'n eenmotorige duikbomwerper wat deur die Japannese Keiserlike Vloot gebruik is tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die Japannese Vloot het 'n samewerkingsooreenkoms met die Duitse vliegtuigvervaardiger Heinkel gehad, en die invloed van die ooreenkoms is duidelik te sien in die ontwerp van die vliegtuig.
Tegniese besonderhede
+ Besonderhede van die Aichi D3A1 Model 11: Item Statistiek Aantal motors 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Mitsubishi Kinsei 44 stermotor Kraglewering per motor 1 075 perdekrag Vlerkspan14,365 m Lengte10,195 m Hoogte3,35 m Normale opstygmassa3 650 kg Maksimumsnelheid389 km/h op 2 320 m Operasionele hoogte9 500 m Togafstand1 820 kmBewapeningEen 7.7 mm masjiengeweer in elke vlerk, een 7.7 mm masjiengeweer agter in kajuit.BomvragEen 250 kg bom onder die vliegtuig, een 60 kg bom onder elke vlerk.
Bron Bombers 1939–1945 Kenneth Munson, Bounty Books 2012
Kategorie:Bomwerpers Kategorie:Vliegtuie van die Tweede Wêreldoorlog