Charles Maurice de Talleyrand-Périgord, (Prins van Benevento en later Prins Talleyrand, 2 Februarie 1754 – 17 Mei 1838) was 'n biskop, diplomaat en staatsman wat in diens van Frankryk gestaan het.

Hy het as priester gestudeer, is in 1779 geordende en in 1788 as Biskop van Autun aangestel. Met die uitbraak van die Franse Rewolusie word hy namens die geestelikes lid van die 1789 Nasionale Konstitusionele Vergadering (Assemblée nationale constituante). Daar ondersteun hy revolusionêre beginsels en is in 1791 deur Pous Pius VI geskors. Dieselfde jaar is die kerkseiendom deur die staat onteien, dus verloor hy sy inkomste van die bisdom van Autun en hy bedank as biskop.

In 1797 word hy minister van buitelandse sake waar hy in ooreenstemming met Napoleon gekom het. Saam met Lucien Napoleon, het hy deelgeneem in die staatsgreep van 1799 en hy is deur Napoleon beloon om weer minister van buitelandse sake te word. In 1807, toe Napoleon Spanje ingeval het, besef hy dat Napoleon nooit Spanje sal oorwin nie en bedank hy as minister. Hy bly 'n kritikus van Napoleon se buitelandse beleid en nadat Napoleon in 1814 afgesit is, word hy alweer minister van buitelandse sake, dié keer vir die Franse monargie onder Loedewyk XVIII. Hy het Frankryk by die Kongres van Wene verteenwoordig en in Julie 1815 word hy eerste minister van Frankryk. In September 1815 bedank hy as eerste minister en tot 1830 was hy 'n kritikus van die regering. Na die 1830 opstand is die Franse monargie gerformeerd en Lodewyk-Philippe word koning in plaas van Karel X. Hy is toe as Franse ambassadeur na die Verenige Koninkryk aangestel.

Bibliografie

Kategorie:Franse diplomate Kategorie:Franse ministers Kategorie:Eerste Ministers van Frankryk Kategorie:Ambassadeurs Kategorie:Biskoppe Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Franse Rewolusie Kategorie:Geboortes in 1754 Kategorie:Sterftes in 1838