Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) is gestig in Suid-Afrika om veeltaligheid en taalregte te bevorder sowel as om die ontwikkeling van die amptelike tale van Suid-Afrika te handhaaf. Die liggaam is gestig deur die Wet op die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad 59 van 1995 (soos gewysig).

Die amptelike tale van die Republiek van Suid-Afrika is Noord-Sotho, Suid-Sotho, Tswana, Swazi, Venda, Tsonga, Afrikaans, Engels, Ndebele, Xhosa en Zoeloe, asook Suid-Afrikaanse Gebaretaal. PanSAT streef ook daarna om gelyke status vir die Khoi-, Nama-, en die San- tale te bereik.

PanSAT se strukture sluit in:

Provinsiale taalkomitees

Nasionale taalliggame

Nasionale leksikografie-eenhede.

Sien ook Taalkommissie Tale in Suid-Afrika Taaldiskriminasie

Eksterne skakels Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad

Kategorie:Tale van Suid-Afrika Kategorie:Taalowerhede