Die bruidsbos (Serruria rosea) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Serruria behoort en deel van die fynbos vorm. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit slegs voorkom in die Hottentots-Hollandberge van Slanghoekberge tot by Franschhoek. Die struik is regop en word tot 1.5 m hoog en dra blomme van Augustus tot Oktober.
Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Twee maande nadat dit geblom het, val die vrugte af en miere versprei die sade. Hulle stoor die sade in hul neste. Die plant is tweeslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van insekte. Die plant groei in sandgrond op hoogtes van 300-620 m.
In Engels staan dit as die Rose Spiderhead bekend.
Galery
Bronnelys REDLIST Sanbi PlantZAfrica Plants of the World Online Protea Atlas https://biodiversityexplorer.info/plants/proteaceae/serruria_rosea.htm
Kategorie:Spinnekopbosse Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika