duimnael|Grüner Veltliner Grüner Veltliner ([vɛltˈliːnɐ] of [fɛltˈliːnɐ]www.duden.de: Grüner Veltliner. Besoek op 21 Februarie 2017), soms ook Weißgipfler genoem, is 'n wit wynkultivar wat meestal in die droë styl gemaak word. Dit is die belangrikste kultivar in Oostenryk en word sodoende in die buiteland dikwels as die Alperepubliek se nasionale kultivar beskou. Die druiwesoort word hoofsaaklik in die deelstaat Neder-Oostenryk verbou, en hier veral in die Weinviertel, 'n streek waar dit optimaal by die bestaande klimaat- en ander toestande aangepas kan word.
Grüner Veltliner het sy oorsprong vermoedelik in 'n kruising van Traminer (aan vaderskant) en St. Georgen (aan moederskant). Die laasgenoemde druiwesoort is eers in 2000 in St. Georgen, 'n nedersetting in die Leitha-bergreeks (deelstaat Burgenland), herontdek.Ministerium für ein lebenswertes Österreich: Grüner Veltliner. Besoek op 2 Februarie 2017
Grüner Veltliner-witwyn is geurig, met vrugte- en pepergeure. Volgens die DAC-verordening"Districtus Austriae Controllatus", Oostenrykse gesertifiseerde wyn van oorsprong mag wyne, wat uit die kultivar gemaak word, bemark word as Weinviertel DAC, Traisental DAC, Kremstal DAC, Kamptal DAC en Leithaberg DAC.
Verwysings
Kategorie:Wyn