Tulium is ’n chemiese element met die atoomgetal 69 en simbool Tm.
Die naam verwys na Thule, 'n naam vir Skandinawië. Dit is in 1879 deur die Sweedse chemikus Per Theodor Cleve ontdek. Hy het begin met erbia wat veral bevat, maar hy het daaruit twee onsuiwerhede geïsoleer. Die een was bruin wat hy holmia genoem het, die ander was groen en hy het dit thulia genoem. Dit was hoofsaaklik en . Tulium is 'n taamlik seldsame element waarvan in die aardkors net 0,52 mg per kilogram aangetref word. Dit kan uit monasiet verkry word, maar vorm slegs 0,007% daarvan.
Dit is 'n glansende silwergrys metaal wat sag en pletbaar is. Oplossing van is groen van kleur en hulle fluoresseer blou onder UV-lig. Hierdie eienskap word in die eurobanknote gebruik om vervalsing daarvan te beperk. Tulium word ook as dotering in YAG-lasers gebruik. Dit word gewoonlik as nie-giftig beskou en het geen bekende biologiese rol nie.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Chemiese elemente Kategorie:Lantaniede