Die Aprilia RS125 is 'n GP-afgeleide replikasportproduksiemotorfiets. Dit word aangedryf deur 'n Rotax enkelsilinder 124.8 cc tweeslagenjin met Nikasil bedekte aluminiumsilinderblok en vloeistofverkoeling.

Aprilia het vele Grand Prixoorwinnings behaal in die 125 cc en 250 cc tweeslagklasse. Hierdie wedrenervaring is gebruik deur Aprilia om opgedateerde en verbeterde weergawes van die RS125 te produseer.

Geslagte duimnael|links|220px|2011 RS125 in 'n Alitalia-kleurskema. RS125R Extrema 1992 tot 1995 Aprilia het die eerste RS125 in 1992 vrygestel. Dit het kenmerkende eienskappe van 'n hoekige stertkant en geveegde voorste lugskort, 'n vierkantige koplampeenheid, driespeekwielvellings, luginlate op die bo-middel van die windskerm, elektriese of skopaansitter aan die linkerkant en analoog-tipe meters.

RS125 1996 tot 1998 Die RS125 is hersien en die R-agtervoegsel is laat vaar. Die RS behou baie van die vorige RS-model, maar daar is 'n nuwe, verbeterde weergawe van die Rotax 122-enjin. Die voorste luginnames is opgeneem in die bo-middelgedeelte van die windkuller geplaas. Die koplampeenheid is gerond. 'n Digitale meter is bygevoeg in die plek van die temperatuurmeter.

RS125 2006 tot 2012 Die RS125 het 'n geheelnuwe windkullerstilering ontvang, soortgelyk aan die RSV 1000R. Die mees noemenswaardige kenmerke is die hoekige windkullers, twee koplampeenhede, digitale meter en multispeek Marchesini-styl vellings.

Renreplika kleurskemas Dwarsdeur die geskiedenis van die RS125, is verskillende renreplika kleurskemas en huldeblyke aan motorfietsjaers geproduseer.

Verwysings

Kategorie:Motorfietse