Darmstadtium is ’n superswaar, sintetiese element met die atoomgetal 110 en simbool Ds. Dit is ’n uiters radioaktiewe element. Die stabielste isotoop, darmstadtium-281, het ’n halfleeftyd van ongeveer 10 sekondes. Darmstadtium is in 1994 die eerste keer vervaardig by die Sentrum vir Swaarioonnavorsing in Darmstadt, Duitsland, waarna dit genoem is.

In die periodieke tabel lê dit in die d-blok, in periode 7 en groep 10, hoewel geen chemiese eksperimente al uitgevoer is om te bevestig dat dit optree soos die swaarder homoloog van platinum net bo dit nie. Daar is bereken darmstadtium het dieselfde eienskappe as sy ligter homoloë, nikkel, palladium en platinum.

Verwysings

Eksterne skakels

Darmstadtium by The Periodic Table of Videos (Universiteit van Nottingham)

Kategorie:Darmstadtium Kategorie:Chemiese elemente Kategorie:Oorgangsmetale