Die chemiese element flerovium (Fl), met ’n atoommassa van ongeveer 289 u, het geen stabiele isotope nie en word dus as ’n radioaktiewe element geklassifiseer. Die vyf isotope is onstabiel en het ’n relatief kort halfleeftyd (die meeste minder as ’n sekonde).

In die natuur kom geen flerovium voor nie; alle isotope is sinteties in ’n laboratorium berei. Die eerste sintetiese isotoop was 289Fl, in 1996.

Die kortslewende isotoop van flerovium is 285Fl, met ’n halfleeftyd van ongeveer 125 millisekondes. Die langslewende een is 289Fl, met ’n halfleeftyd van 2,6 sekondes.

Oorsig Nuklied Z (p) N (n) Isotopiese massa (u) Halfleeftyd Radioaktiewe verval VP Kernspin Opwekkingsenergie 285Fl 114 171 285,18370(111) 125 ms α 281Cn 3/2+286Fl 114 172286,18386(83)130 ms SS (60%)0+ α (40%) 282Cn 287Fl 114 173 287,18560(83) 510 ms α 283Cn 287mFl 5,5 s α 283Cn 288Fl 114 174 288,18569(91) 0,8 s α 284Cn 0+ 289Fl 114 175 289,18728(79) 2,6 s α 285Cn 5/2+ 289mFl 1,1 min α 285Cn

Isotope per element

Bronne (1999) - Table of Isotopes (aanlyn weergawe van die CD-ROM) (2003) - The NUBASE evaluation of nuclear and decay properties, Nuclear Physics A, 729, pp. 3-128 (2003) - Atomic weights of the elements. Review 2000 (IUPAC Technical Report), Pure and Applied Chemistry, 75 (6), pp. 683–800 (2006) - Atomic weights of the elements 2005 (IUPAC Technical Report), Pure and Applied Chemistry, 78 (11), pp. 2051–2066 (2004) - CRC Handbook of Chemistry and Physics (85ste uitg.), hoofstuk 11, CRC Press - 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia