Die chemiese element röntgenium (Rg), met ’n atoommassa van ongeveer 280 u, het geen stabiele isotope nie en word dus as ’n radioaktiewe element geklassifiseer. Die sewe isotope is onstabiel en het ’n relatief kort halfleeftyd (die meeste minder as ’n sekonde).

In die natuur kom geen röntgenium voor nie; alle isotope is sinteties in ’n laboratorium berei. Die eerste sintetiese isotoop was 272Rg, in 1994.

Die kortslewende isotoop van röntgenium is 272Rg, met ’n halfleeftyd van ongeveer 2 millisekondes. Die langslewende een is 281Rg, met ’n halfleeftyd van 26 sekondes.

Oorsig Nuklied Z (p) N (n) Isotopiese massa (u) Halfleeftyd Radioaktiewe verval VP Kernspin 272Rg 111 161 272,15362(36) 2,0(8) ms α 268Mt 5+, 6+ 274Rg 111 163 274,15525(19) 6,4 ms α 270Mt 278Rg 111 167 278,16160(68) 1 s α 274Mt 279Rg 111 168 279,16247(71) 0,17 s α 275Mt 280Rg 111 169 280,16447(80) 3,6 s α 276Mt 281Rg 111 170 281,16537(100) 26 s SS 282Rg 111 171 282,16749(95) 0,5 s α 278Mt

Isotope per element

Bronne (1999) - Table of Isotopes (aanlyn weergawe van die CD-ROM) (2003) - The NUBASE evaluation of nuclear and decay properties, Nuclear Physics A, 729, pp. 3-128 (2003) - Atomic weights of the elements. Review 2000 (IUPAC Technical Report), Pure and Applied Chemistry, 75 (6), pp. 683–800 (2006) - Atomic weights of the elements 2005 (IUPAC Technical Report), Pure and Applied Chemistry, 78 (11), pp. 2051–2066 (2004) - CRC Handbook of Chemistry and Physics (85ste uitg.), hoofstuk 11, CRC Press - 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia

Röntgenium