Die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika is die hoogste hof oor grondwetlike (of konstitusionele) sake. Dit was oorspronklik slegs vir grondwetlike aangeleenthede bedoel. Sedert die inwerkingtreding van die Wet op Hoër Howe van 2013 het die Konstitusionele Hof jurisdiksie gekry om enige aangeleentheid aan te hoor, mits dit in belang van geregtigheid is om dit te doen.
duimnael|links|Gebou van die Konstitusionele Hof in Braamfontein, Johannesburg duimnael|links|Hofsaal van die Konstitusionele Hof duimnael|links|Voorkant van die Konstitusionele Hof duimnael|links|'n Ewige vlam brand op Konstitusieheuwel in Johannesburg, Suid-Afrika Die hof is deur die Tussentydse Grondwet van 1993 daargestel. Die eerste sessie het in Februarie 1995 begin. http://www.constitutionalcourt.org.za/text/judges/current/justicebessnkabinde/1.html Daarna is dit ingevolge die Grondwet van 1996 voorgesit. Die hof is in die stad Johannesburg geleë, waar dit 'n doelgeboude kompleks op Konstitusieheuwel in Braamfontein beset. Die eerste hofsitting in die nuwe gebou is in Februarie 2004 gehou.
Die Konstitusionele Hof bestaan uit elf regters. Hierdie regters word deur die President van Suid-Afrika aangestel uit 'n lys wat deur die Regterlike Dienskommissie opgestel word. Die regters van die hof dien vir 'n termyn van twaalf jaar wat deur die parlement verleng kan word.
Die hof word deur die Hoofregter van Suid-Afrika en sy Adjunkhoofregter gelei. Die Grondwet vereis dat 'n aangeleentheid voor die hof deur minstens agt regters aangehoor moet word. In die praktyk hoor al elf regters bykans elke saak aan. Besluite word deur 'n meerderheid bereik en skriftelike redes word verskaf.
Huidige regters Naam Gebore Aangestel deur Ouderdom by aanstelling Eerste dag/lengte van diens Verpligte aftrede Opsionele aftredeVorige posisies Voorganger 100px|MayaMandisa Maya(Hoofregter) in Tsolo, Oos-Kaap Cyril Ramaphosa 58 (Adjunkhoofregter)60 (Hoofregter)1 September 20222 jaar 20 Maart 2034 n.v.t. Oos-Kaapse AfdelingHoogste Hof van Appèl Mogoeng MogoengRaymond Zondo (as Adjunkhoofregter en Hoofregter) Mbuyiseli Madlanga in Mount Frere, Oos-Kaap Jacob Zuma 51 1 Augustus 201311 jaar, 1 maand 1 Augustus 2028 n.v.t. Oos-Kaapse Afdeling Zak Yacoob Nonkosi Mhlantla in Port Elizabeth, Oos-Kaap Jacob Zuma 51 1 Desember 20158 jaar, 9 maande 1 Desember 2027 n.v.t. Oos-Kaapse AfdelingHoogste Hof van Appèl Thembile Skweyiya Leona Theron in Durban, KwaZulu-Natal Jacob Zuma 51 1 Julie 20177 jaar, 2 maande 1 Julie 2029 n.v.t. KwaZulu-Natalse AfdelingHoogste Hof van Appèl Johann van der Westhuizen Steven Majiedt in Kenhardt, Gauteng Cyril Ramaphosa 58 1 Oktober 20194 jaar, 11 maande 18 Desember 2030 n.v.t. Noord-Kaapse AfdelingHoogste Hof van Appèl Dikgang Moseneke Zukisa Tshiqi in Cefane, Ngcobo, Oos-Kaap Cyril Ramaphosa 58 1 Oktober 20194 jaar, 11 maande 11 Januarie 2031 n.v.t. Suid-Gautengse AfdelingHoogste Hof van Appèl Bess Nkabinde Jody Kollapen in Lady Selbourne, Pretoria, Gauteng Cyril Ramaphosa 64 1 Januarie 20222 jaar, 8 maande 19 Mei 2027 n.v.t. Noord-Gautengse AfdelingHoogste Hof van Appèl Edwin Cameron Rammaka Mathopo in Gauteng Cyril Ramaphosa 58 1 Januarie 20222 jaar, 8 maande 28 Januarie 2033 n.v.t. Suid-Gautengse AfdelingHoogste Hof van Appèl Johan Froneman Owen Rogers in Kaapstad, Wes-Kaap Cyril Ramaphosa 63 1 Augustus 20222 jaar, 1 maand 22 Oktober 2028 n.v.t. Wes-Kaapse AfdelingMededingingsappèlhof Chris Jafta
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Geboue en strukture in Johannesburg
Kategorie:Regering van Suid-Afrika Kategorie:Suid-Afrikaanse reg