Steekkweek (Stipagrostis namaquensis ) ook bekend as Kalaharikweek, steekrietboesmangras, steekwiet, of bamboeskweek, is 'n grasspesie wat inheems aan Botswana, Lesotho, Namibië en Suid-Afrika is. Dit kom veral in die Nama-Karoo voor. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' gelys.
Beskrywing Dit is 'n meerjarige losse polgras met verlengde wortelstokke. Die skedes is behaard en die halms is geknie of liggend en 10 -20 cm lank. Die blaarskedes is kaal of behaard en die blare regop 6 -10 cm lank en 1 – 2 mm breed. Die bloeiwyse is 'n pluim wat oop is of lansvormig saamgetrek. Dit kan 10-15 cm lank word. Die stekeltjies is 10 – 15 mm lank.
Beweiding Dit het goeie beweidingswaarde
Verwysings
Kategorie:Grasse Kategorie:Stipagrostis Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Lesotho Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika