Ohrigstad is 'n klein dorpie 45 km noord van Lydenburg in die Limpopoprovinsie van Suid-Afrika.

Geskiedenis Ohrigstad is oorspronklik in 1845 deur 'n groep Voortrekkers onder die leierskap van Andries Hendrik Potgieter gestig en dra die naam van 'n Nederlandse weldoener, Georgius Ohrig, wat met die stigting behulpsaam was. Nadat malaria 'n aantal slagoffers onder die setlaars geëis het, moet hulle die dorp verlaat en keer eers later na die suksesvolle bestryding van die siekte weer terug. Dit was ook die tweede oudste dorp in die ou Transvaal-provinsie.Die Groot Trek , Die Groot Trek 1834 tot 1840 Deel 1 , Besoek 5 April 2007Zuid Afrikaansche Republiek (Eerste Republiek), Besoek op 6 April 2007

Besienswaardighede 'n Begraafplaas en die ruïnes van 'n fort uit die Voortrekkertydperk kan nog steeds besigtig word.

Die Eggogrotte is 35 km noord van Ohrigstad geleë. Die bekende Abel Erasmuspas is ook bereikbaar vanaf Ohrigstad op die pad na Hoedspruit.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels Ohrigstad se tuisblad

Kategorie:Nedersettings in Limpopo