Mamre is 'n dorp in die provinsie Wes-Kaap (Suid-Afrika). Dit was oorspronklik 'n sendingstasie van die Morawiese Sendinggenootskap, wat in die jaar 1808 gestig is. Dit is 17 km suid van Darling geleë.

Geskiedenis Die goewerneur van die Kaap, graaf Van Clarendon, het op 23 Maart 1808 drie plase De Groene Kloof, Louwskloof en Cruywagenskraal aan die Morawiese Sendinggenootskap geskenk. Die eerste kerk is in 1816 gebou.

Vandag Die dorpie spog vandag met 'n gerestoureerde watermeule en 'n aantal tradisionele huise in die Kaaps-Hollandse Styl. Die dorpie se Bybelse naam, Mamre verwys na Abraham se tuiste en beteken "vettigheid".

Boorlinge Friederich Wilhelm Jannasch, musikus en komponis.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Mamreweg

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap