Hottentotstee (Helichrysum nudifolium (L.) Less.) is 'n plant wat inheems aan Suid-Afrika is en in alle provinsies voorkom, veral op groter hoogtes. Op die SANBI-rooilys is dit as 'veilig' (LC) gelys. Dit kom in Zimbabwe, Malawi en verder wydverspreid in Afrika, asook in Jemen voor.

Daar is verskillende variëteite: Helichrysum nudifolium var. nudifolium Helichrysum nudifolium var. oxyphyllum (DC.) Beentje Helichrysum nudifolium var. pilosellum (L.f.) Beentje

Dit is 'n meerjarige plant met 'n roset van blare tot 60 x 13 cm wat rof en glimmend is aan die bokant en wollig wit aan die onderkant. Die blomme sit op 'n lang stingel wat 1,5 m hoog kan word. Hulle is liggeel. Die blare word gekook en geëet en ook ritueel verbrand om die voorouers op te roep. Die wortels word teen party kwale gebruik.

Fotogalery

Verwysings

nudifolium Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe Kategorie:Veldkos