Ds. Charl Wynand Markelbach du Toit (of Carl Wijnand Markelbach, noemnaam Wynand of Wynie, die plaas Kruisvallei, Paarl, Kaapkolonie, 30 September 1890 – 17 Januarie 1962, Vrede, Oranje-Vrystaat, Suid-Afrika) was ’n predikant van die Gereformeerde Kerk, Volksraadslid en lid van die gesamentlike kommissie wat verantwoordelik was vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans.
Herkoms duimnael|links|240px|Ds. S.J. du Toit en sy tweede vrou, Anna Francina Malan, ds. C.W.M. du Toit se ouers, se portret in die Gereformeerde kerk Strydenburg se konsistorie. Dit was die eerste Kruiskerk wat hy gestig het (1897).
duimnael|regs|300px|Die eerste rugbyspan van die klub "Theos" aan die Teologiese Skool Potchefstroom, 1912. Voor: C.M.W. du Toit, L. Erasmus. Middel: J. Ennis, F.J. Potgieter, prof. A.C.P. Duvenage, D.N. Kotzé (kapt.), P.J.H. Coetzee (sekr.), F.H. Duvenage, J. Chris Coetzee. Agter: A. de Beer, J.V. Coetzee, M.J. Heystek, B.J. de Klerk, J.J. Bezuidenhout, H.A. Steyn, N.P.J. Steyn, H.J. van der Walt.
duimnael|links|320px|Studente en personeel van die Voorbereidende en Teologiese Skool op Potchefstroom voor die eerste gebou, 1913. Voor: Hester Coetzee, Betsie Postma, S.G Yssel, J.J.A. Coetzee, prof. Ferdinand Postma, prof. J.D. du Toit (Totius), prof. A.P.C. Duvenage, prof. Jan Kamp, Piet van der Walt, Rachel Wentzel, Vera Gill. Tweede ry: Nollie Vermaas, G.P. van der Linde, J.V. Coetzee, D.G. Venter, C.J.H. de Wet, J.C. van der Walt, D.N. Kotzé, H.F. Duvenage, Vera Pienaar, Frikkie Potgieter, J.L.M. Wiechers. Derde ry: Piet Coetzee, Jan Triechaardt, Nic Steyn, B.J. de Klerk, J.H Boneschans, H.S. van Jaarsveld, Pieter Coetzee. Vierde ry: Prof. Joon van Rooy, ene Oosthuizen,C.W.M. Du Toit, E.L.J. Venter, T.D. Venter, Daan Marais, J.V. Coetzee, Lou van Rooy, A.S.E. Yssel, H. van der Walt, S.P. Engelbrecht, Izak le Roux, ene Marais, L.J. du Plessis. Vyfde ry: ene Scholtemeyer, Willie Geere.
C.W.M. du Toit was een van die drie of vier kinders (twee seuns en twee dogters; volgens ’n ander bron, net twee seuns en ’n dogter) uit ds. S.J. du Toit (Kleinbosch, Paarl, 9 Oktober 1847 – Paarl, 28 Mei 1911) se tweede huwelik, op 8 Julie 1887 met Anna Francina Malan (Klein-Drakenstein, Paarl, 4 Junie 1857 – OVS, 19 Mei 1944). Benewens C.W.M., was hulle Stefaan (wat as klein seuntjie oorlede is) en Lena (Lila) van der Merwe. Sy oom was die Hervormde predikant ds. C.W. du Toit.
Sy vader was joernalis en redakteur van onder meer Ons Klyntji, lid van die Genootskap van Regte Afrikaners, eers NG predikant en toe konsulent van die Gereformeerde Kerke onder die Kruis en skrywer. Uit sy eerste huwelik, omstreeks 1872 met Elizabeth Jacoba (Bettie) Joubert, is ook vier kinders gebore (volgens ’n ander bron vyf), onder wie die Bybelvertaler en Psalmberymer, digter en teoloog Totius (Jacob Daniël; noemnaam Japie). Die ander kinders was David (of Dawid) Petrus (wat as jong man oorlede is), Bettie en Marie. Dié vier kinders se moeder is op 1 November 1882 in Pretoria oorlede.
C.W.M. du Toit het 'n groot deel van sy jongelingsjare deurgebring op die plaas Kleinbos (of Kleinbosch) in Daljosafat, distrik Paarl. Goewerneur Simon van der Stel het dit in 1692 aan die Hugenote-vlugteling en stamvader van die familie Du Toit in Suid-Afrika, Francois du Toit, gegee. Dié plaas was eeue lank in besit van die Du Toit-familie; die herehuis is in Januarie 2017 in 'n brand in puin gelê. Ds. Du Toit se vader en grootvader is albei op die plaas begrawe, waarop die Hugenote-Gedenkschool ook staan. Sy vader het begin met die Afrikaanse Taalbeweging en was 'n stigter van die Afrikanerbond, eerste vertaler van die Bybel in Afrikaans, superintendent van onderwys in Transvaal van 1883 tot 1889, lid van die Transvaalse deputasie na Europa in 1883–'84, redakteur van die Die Afrikaanse Patriot, skrywer, konsulent van die Gereformeerde Kerke onder die Kruis, ens.
Ds. Du Toit was drie keer getroud. Uit sy eerste huwelik, met Maria Elizabeth (Batta) du Plessis (Philipstown, 31 Oktober 1897 – Pretoria, 29 Junie 1979) op Philipstown op 30 September 1918 is al drie sy kinders gebore, naamlik Stefanus Jakobus (die eerste Afrikaanssprekende kernfisikus), Johanna (van der Merwe) en Charl Wynand Malan. Maria du Plessis se suster, Elsje Magdalena (5 September 1892 – 13 April 1977) was ook getroud met ’n Gereformeerde predikant, ds. Hendrik Stephanus van Jaarsveld (9 Maart 1886 – 22 Oktober 1953), na wie die Gereformeerde kerk Biermanskool aanvanklik Vanjaarsveld genoem is. Van ds. Du Toit se tweede vrou, Jeannette Neethling, is nie veel bekend nie; dié huwelik was kinderloos. Sy is in Pretoria oorlede in Augustus 1951. Ook uit die derde huwelik, met Susanna Susara Muller (Frankfort, 9 Januarie 1903 – Vrede, 19 Maart 1965) is geen kinders gebore nie; sy vrou was immers amper 50 ten tyde van hul huwelik.
Du Toit het eers skoolgegaan aan die Gedenkschool, later tot matriek aan die jongenskool op Wellintgton en toe aan die Victoria-kollege op Stellenbosch. Sy opleiding vir predikant het hy aan die Gereformeerde Kerk se Teologiese Skool Potchefstroom deurloop waar sy halfbroer dr. J.D. du Toit (Totius) van 1911 tot 1949 hoogleraar was.
Bybelvertaling duimnael|320px|Die adviseurs van die Afrikaanse Bybelvertaling in 1933 in Bloemfontein. Boonste ry: di. J.P.H. Steyn, C.F. Kies, G.D. Malan, W.J.W. Naudé, A.S.E. Yssel, W. de Vos. Middel: Di. C.W.M. du Toit, H.J. Otto, proff. J.A. du Plessis, C.J.H. de Wet, dr. H.D. van Broekhuizen, di. Dirk Postma, P.J.J. Boshoff en H.J. Pienaar. Voor: prof. B.B. Keet, Totius, ds. J.D. Kestell, proff. E.E. van Rooyen en H.C.M. Fourie. Hulle het amptelik bekendgestaan as die Kommissie vir Afrikaanse Bybelvertalers.
duimnael|links|330px|Die Algemene Sinode van die GKSA op Reddersburg, 1927. Eerste ry: D. Rumpff, N.H. van der Walt, J.G.H. van der Walt, prof. J.A. du Plessis, prof. C.J.H. de Wet, T. Hamersma, L.P Vorster, J.A. van Rooy, H.P.J. Pasch. Tweede ry: H.S. van Jaarsveld (ds. Du Toit se swaer), H. Venter, F.P.J. Snyman, J.C. van der Walt, D.G Venter, C.W.M. du Toit, I.D Krüger, H.J.R. du Plessis. Derde ry: J.V. Coetzee, G.H.J. Kruger, E.L.J. Venter, D. Postma, D.P. du Plessis, A.S.E Yssel, D.N. Kotzé. Vierde ry: J.H. Boneschans, T.T. Spoelstra, W.J. Postma, W.J. Snyman, A. Duvenage, P.J.S. de Klerk, B.J. de Klerk.
Ds. Du Toit was ten nouste en enduit by die vertaling betrokke as lid van die dagbestuur wat op 7 Augustus 1924 (toe hy nog predikant van Frankfort was) op die breë kommissie se vergadering op Bloemfontein aangewys is om "alles betreffende die werksaamhede van die eindvertalers te reël". Nienaber, P.J. 1934. Die geskiedenis van die Afrikaanse Bybelvertaling en ’n hoofstuk oor die vertaling van die Psalm- en Gesangboek en die Formuliere. Kaapstad, Bloemfontein en Pretoria: Nasionale Pers, Beperk.
Toe die Carnarvon Castle op 29 Mei 1933 met die eerste besending van 10 000 eksemplare van die Bybel in Afrikaans in Kaapstad aankom, het die voorsitter van die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap, ds. F.X. Roome, twee lede van die Volksraad in besonder verwelkom, naamlik dr. N.J. van der Merwe en ds. C.M.W. du Toit, "’n seun van ds. S.J. du Toit, die 'Regte Afrikaner' wat reeds vroeg begin het met sy eie Afrikaanse vertaling van die Bybel", aldus P.J. Nienaber. Die Burger het op Dinsdag 6 Junie 1933 berig ds. Du Toit het waarskynlik die heel eerste keer by geleentheid van ’n erediens die Afrikaanse Bybel gebruik toe hy op Sondag 4 Junie Psalm 133 en Hebreërs 10 voorgelees het in die Gereformeerde kerk Kaapstad se kerksaal in Hofstraat. Luidens Die Burger het die hele gemeente, onder wie min. Piet Grobler, "die geskiedkundige Bybellesing ten volle gewaardeer".
Gemeentebediening duimnael|links|210px|’n Hoogtepunt tydens ds. Du Toit se bediening in Bloemfontein was oprigting in 1927 van die nuwe kerk op die hoek van Wes-Burger- en Zastronstraat na die plan van Gerard Moerdijk en Wynand Louw nadat die oue afgebrand het. Dis in 2015 gesloop nadat die gemeente ontbind het.
duimnael|regs|270px|Ds. Du Toit het die preek gehou in 1922 tydens die ingebruikneming van die vorige Gereformeerde kerk Carolina, nadat sy vader die gemeente in 1907 gestig het.
Ds. Du Toit het drie Gereformeerdes tussen 1917 en sy uittrede uit die amp in 1929 bedien: Aliwal-Noord tot 1920, Frankfort (in 1911 gestig as 'n Gereformeerde kerk onder die Kruis) tot 1925 en Bloemfontein tot 1929. In 1922 is hy gevra om as prediker op te tree tydens die plegtigheid waartydens die Gereformeerde kerk Carolina se vorige kerkgebou in gebruik geneem is. Dié gemeente is op 16 Januarie 1907 onder sy vader se leiding as 'n Gereformeerde kerk onder die Kruis gestig. Nadat die twee kerk op Carolina opgerig is, is die oue as kerksaal ingerig, ’n doel waaraan dit vandag nog voldoen.
Ds. Du Toit het in November 1924 vir vyf weke na lidmate van die Gereformeerde kerk Eldoret in Kenia gegaan om onder meer katkisasie te gee en die sakramente te bedien. In hierdie tyd het die gemeente eindelik ’n stuk grond gekoop waarop later ’n kerkgebou sou kom.
In die Vrystaatse hoofstad was al drie sy voorgangers bekende figure in die Gereformeerde Kerkverband: ds. Willem Postma (1903–1915) was bekend as die skrywer dr. O'kulis en ’n kampvegter vir Afrikaans, ds. Izak Krüger, 1916–1923 (ook ds. Du Toit se voorganger in Aliwal-Noord en opvolger in Bloemfontein, wat hier gebly het tot 1945) is in 1920 op 'n vergadering van die gesamentlike kommissies vir die vertaling van die Bybel in Afrikaans as sameroeper aangewys van die vertalers wat die Formuliere vir die drie Afrikaans-Hollandse kerke moes vertaal, en dr. C.J.H. de Wet (1923–1925) was later professor in die teologie aan die kerk se Teologiese Skool op Potchefstroom.
Kaapstad In 1930 het ds. Du Toit, nadat hy Volksraadslid geword het, onderneem om die sewe jaar oue Gereformeerde gemeente Kaapstad, wat sedert sy ontstaan te klein was om 'n predikant te beroep, te help deur elke 14 dae 'n diens in die Metropolitan-saal waar te neem. Hy het, volgens dr. Anna Böeseken, baie gedoen vir die geestelike opbou en versorging van die gemeente, maar was weens siekte afwesig toe 'n groot besluit geneem moes word in verband met die koop van kerkeiendom. Op hierdie belangrike gemeentevergadering op Vrydagaand 30 Januarie 1931 was br. Nicolaas van der Walt voorsitter. Die vergadering moes besluit of hulle ten gunste was van 'n voorstel om 'n eiendom uit die boedel van Thomas Palmer aan te koop. Die koopkontrak is deur broeder P.P. Boshoff voorgelees, en het op die volgende neergekom: Die eiendom was geleë aan onderpunt van Hofstraat bo die Kompanjiestuin en die netto prys was £2 750. 'n Bedrag van £850 sou in kontant betaal word, en die balans van £1 900 op eerste verband teen 6,5 persent p.j. vir drie jaar. Die vergadering het met algemene stemme ten gunste van die koop van hierdie eiendom besluit.