Ds. Petrus Jacobus (Petra) de Klerk (12 Desember 1902, plaas Kraaifontein, distrik Bethulie, Oranjerivierkolonie – 20 Maart 1990) was predikant in drie gemeentes van die Gereformeerde Kerk.
Opleiding
duimnael|links|320px|Studente Teologiese Vereniging, Teologiese Skool Potchefstroom, 1926. Eerste ry: H.J. Vermeulen, F. Coetzee, P.W. van der Walt, Kuifie van der Walt, S.P. van der Walt, J.H. van Zyl. Tweede ry: J.P. van der Walt, B.J. de Klerk, H.C.J. Flemming, W.J. Postma, L.S. van der Walt, I.J. van der Walt, P.G.W. Snyman. Derde ry: J.J.H. Booysen, W.J. van der Merwe, J.L. van der Merwe, C.E.G. Malan, M. Postma, P.J. de Klerk, S.J. van der Walt, H.F.V. Kruger, J.L. de Bruin, A.L. Aucamp. Vyfde ry: Hugo du Plessis, P.J. Liebenberg, Fanus du Toit, B.B.B. Olivier, J.F. du Plooy, J.M. de Wet, J.B. du Plessis, S.C. Venter, A. Postma.
duimnael|links|300px|Studente en professore (van links: J.A. du Plessis, J.D. du Toit en C.J.H. de Wet) van die Teologiese Skool Potchefstroom, 1929. Petra de Klerk staan in die middel van die derde ry.
duimnael|links|300px|Vierdejaarstudente van die Teologiese Skool Potchefstroom, 1929. Die studente op die foto stem nie ooreen met inligting in die GKSA se argief nie, maar De Klerk staan in die middel en Fanus du Toit naaslinks.
P.J. de Klerk het sy opleiding aan die Potchefstroom Gimnasium, die Potchefstroomse Universiteitskollege en die Teologiese Skool Potchefstroom ontvang. In April 1930 is hy bevestig as predikant van Pietersburg (in kombinasie), maar neem in 1941 ’n beroep aan na die kombinasie Vereeniging-Alberton, waar hy sou bly tot hy in 1945 na die Gereformeerde kerk Durban gaan en daar arbei tot hy sy emeritaat in 1968 aanvaar. Ds. De Klerk was lid van die deputaatskappe sinodale sending, Eeufeesbedieningsfonds en CNO. Van 1953 tot 1958 was hy kurator van die Teologiese Skool.
Bediening in Pietersburg duimnael|regs|300px|Ds. De Klerk het die hoeksteen van die eerste Gereformeerde kerk Messina op 7 November 1936 gelê terwyl hy predikant van Pietersburg was.
Nadat ds. H.P.J. Pasch in 1927 'n beroep na Lindley aangeneem het, het Pietersburg se kerkraad student Jacs van Rooy beroep, wat aan die einde van 1927 sou klaarmaak. Hy aanvaar die beroep nie, waarna hulle agtereenvolgens beroep prop. Ammi Postma, dr. P.J.S. de Klerk en prop. W.F. Venter, wat almal bedank. In 1930 is prop. De Klerk beroep, wat die beroep aanvaar het en op 5 April 1930 op Pietersburg bevestig is.
Vanaf 1930 tot 1931 het die gemeente nuwe lewe, nuwe kerke en nuwe wyke gekry, aldus dié herinnering van Jan Last, jare lange skriba: "Ds. De Klerk, pas klaar van sy studie, jonk, vol energie en lewenslus, besigtig ons kerkie en trek sy neus op. Alles lyk vir hom vuil, oud en onaantreklik. Nee, hier moet verandering kom, en dit gou – alles moet opgeknap word, en hy het sorg gedra dat dit ook gou gebeur het."
Op 11 Julie 1930 het Laeveld selfstandig geword sodat daar toe drie gemeentes in kombinasie was (die ander twee synde Pietersburg en Louis Trichardt). Dit was 'n uitgestrekte wêreld van meer as 100 000 km², meer as ’n derde van Transvaal se oppervlak en groter as byvoorbeeld Hongarye of Portugal.
Last beskryf dié tyd as volg: "Hy (ds. De Klerk) en sy eggenote het begin woel in die gemeentes, alles is gereorganiseer en ouderlinge en diakens moes mooi in hulle spoor trap. Daar het nuwe lewe gekom, die predikant is voorsien van 'n motor en kon nou baie vinniger oral kom — voor die tyd was dit nog maar altoos met perd- of donkiekar. Die nuwe predikant en predikantsvrou het met allerhande teenspoede te kampe gehad, want daar was gedurende die tyd wat hulle by ons was meer groot droogtes, sprinkane, kommandowurms en depressie as ooit tevore, maar dit het aan hulle ywer niks afgedoen nie en die seën van die Here was onder dit alles tog groot. Oral is kerke gebou.
"Die eerste taak wat hulle hul gestel het, was om 'n kerk in die Laeveld te kry. Ná baie worstelinge is daar 'n kerk in Duiwelskloof gebou en in 1931 in gebruik geneem. Toe volg Louis Trichardt. Messina, ook 'n wyk van Louis Trichardt, kry 'n kerkie. Die kerk op Louis Trichardt self was al in 'n taamlike treurige toestand en planne is gemaak vir 'n nuwe kerk."
Kerkgebou vergroot duimnael|regs|320px|Bouwerk het in 1890 begin aan die oorspronklike kerkgebou van die Gemeente Pietersburg, waaruit dié kerk, soos hy hier in 1959 gelyk het kort voor hy gesloop is, ontstaan het. Die hoeksteen is op 8 November 1890 gelê. Op 12 April 1937 is die vergrote kerk, volgens die plan van die Gereformeerde argitek Pieter Dykstra, in gebruik geneem in die dienstyd van ds. De Klerk.
Die gemeente het in 1931 'n eie blaadjie gekry. Die geldsake het verbeter, hoewel die penningmeester van die Teologiese Skool nog agterstallige gelde moes afskryf. Dié kerkraad het in die lente van 1936 besluit om die kerkgebou te vergroot. Op 8 Oktober 1936 lui die notule: "Die leraar laat die gemeente die plan sien hoe die nuwe kerk sal gebou word en om planne te maak om te begin. Enige broeder beloven om sand en krevel te rij en stenen broeder Vorster sal metsel voor 12/6 per dag en er wordt besluit om die werk te begin die 4 Januarie 1937 verder word gesê die boufonds staat op £244 11s. 0d."
Die ingebruikneming van die veranderde kerk het plaasgevind op 12 April 1937. In Januarie 1941 het die susters die orrel aan die gemeente present gegee. Hulle het ook nuwe kerkbanke en ligte aan die kerk besorg.
Ds. De Klerk se laaste jare Op 14 April 1939 het die kerk sy 50-jarige bestaan gevier. By dié geleentheid sien 'n feesuitgawe van die gemeenteblad die lig. Ten spyte van al sy probleme het die kerk nooit ondergegaan nie. Daar was in 1941 sterk neigings om met Potgietersrus te kombineer, hoewel dit nooit deurgegaan het nie. Louis Trichardt wou in 1941 sy kombinasie met Pietersburg verbreek en spoedig het dit werklikheid geword.
Op 4 Julie 1941 woon ds. De Klerk sy laaste kerkraadsvergadering by. Hy het die beroep aangeneem na Vereeniging-Alberton.
Bediening van Vereeniging/Alberton Met die koms van ds. en mev. P.J. de Klerk in 1941, as eerste predikant van Vereeniging, het 'n nuwe era aangebreek in die bediening van die gemeente. Dit was midde in die oorlogsjare en vanselfsprekend het hy te doen gehad met allerlei beperkende omstandighede wat sy bediening bemoeilik het, maar sy groot ywer het hom nie laat stuit nie. Die heel eerste taak wat hy moes aanpak was 'n woning vir die leraar. Die kerk het vier erwe besit. Op twee het reeds die kerksaal gestaan, wydsbeen oor albei gebou om ekstra belasting te voorkom, of dalk omdat die vaders nie kon droom dat hier so gou 'n groot gemeente sou kom nie en 'n groter kerk sou verg nie? In elk geval het die posisie van die saal die latere bou van die kerk bemoeilik omdat die kerkraad nie graag die goeie saal wou sloop vir 'n gunstige posisie van die kerkgebou nie.
Die boukommissie kry opdrag om 'n pastorie te bou vir tussen £1 600 en £1 700 en 'n lening te vind van £2 000. Die Administratiewe Buro was bereid om geld te leen en die gebou is voltooi in 1942, vir £1 800 en allerlei afronding moes nog geskied, soos opvul van die erf met 75 vragte grond om die potklei te bedek, aanplant van die bome en rose ter verfraaiing van gronde. En toe begin die afbetaling. Teen die einde van 1943 was daar nog £600 van die lening verskuldig en 'n jaar later nog net £86. Die insameling van geld vir die pastorie, die elektriese orrel – wat deur die susters behartig is – en vir 'n uiteindelike kerkgebou het baie tyd en beplanning geverg van beide die leraar en sy eggenote. Maar die beplanning vir die hede en die toekoms het net sowel tyd en energie vereis. Ds. De Klerk het sy oog gehad op die toekoms van die gemeente en het gedurig aangedring dat grond verkry moes word in die areas waar die ontwikkeling sou kom. Met sy vertrek in 1945 oorhandig hy aan die skriba: 1. Brief van Vereeniging Estates insake kerkgrond op Drieriviere. 2. Vereeniging-stadsraad insake kerkgrond op Duncanville. 3. Deneysville Estates insake kerkgrond op Deneysville. 4. Vra dat kerkraad roer insake kerkgrond op Van-derbijlpark. Hy was ook besig met bouplanne vir 'n nuwe kerkgebou wat hy ook met sy vertrek aan die kerkraad vir bewaring oorhandig het. Dit is egter eers heelwat later dat hierdie projekte gerealiseer is gedurende die bedieningstyd van sy opvolger.
In die kerkraad is baie sake behandel van kerklike belang, maar ook weer ander wat nie spesifiek op kerklike vlak val nie. Daar is aandag gegee aan sending; "die kerkraad besluit om 3d. of 6d. per lidmaat vrye gif te vra in die saak van sending. Blykbaar was die poging nie suksesvol nie en later besluit die kerkraad om £5 per jaar by te dra uit die kerkfondse. Hierdie steun was natuurlik nie vir plaaslike sending wat toe nog nie hier bestaan het nie, maar vir die breër kerklike sendingaksie op Siloam. Een van die ouderlinge, H.A. Grove, het egter bygedra om een sendingpos op Witvlag in stand te hou. Allerlei funksies is gereël om fondse te styf – braaivleisaand, tiekieaand.
Op niekerklike vlak het die kerkraad aandag gegee aan enkelmediumskole, die Moedertaalstrydfonds waarvoor hulle £10 bydra uit die kerkkas, steun aan die kleuterskool, Reddingsdaadbond, mediese fakulteit, en die nood in Holland. Ook is afgevaardigdes uit die kerkraad benoem na die Bloemfonteinse kongres insake naturellebeleid. In die kerkraad is ook nie geskroom om te handel oor allerlei euwels en misstande wat onder die aandag van die kerkraad gekom het nie. Vermanend is gewys op lekkasies uit die kerkraad; kroeggangers: "Insake drank- en "bar"-kwessie: Na ernstige en deeglike bespreking besluit die kerkraad prinsipieel dat dit geen ouderling, diaken of lidmaat pas om in die "bar" in te gaan nie weens die slegte voorbeeld en invloed wat dit op die gemeente het. Hierop sal stip gelet word." Besware is aangeteken teen die oprigting van nuwe drankwinkels en ook ten opsigte van die predikant dat die middagdienste ondraaglik lank is, het die kerkraad nie geskroom om sy sienswyse te lug nie.
Ds. De Klerk het kostelike werk verrig in die gemeente van Vereeniging. Hy was jonk, energiek en 'n drywer, wat geweet het wat hy wil hê. Met sy toekomsvisie het hy 'n gemeente gesien wat steeds uitbrei en het hy probeer om hulle op vaste grondslag te stel om die ontwikkeling en uitbreiding die hoof te bied. Tog het hy hier gearbei in die oorlogsjare met al sy beperkende en beklemmende faktore op elke gebied; en ook dat hy nog verbonde was aan twee gemeentes, Vereeniging en Alberton, amper 50 km van mekaar af. Twee gemeentes dus wat ewe veel aandag vereis het om tot volle selfstandigheid te kom, elk met 'n eie predikant. Reeds 'n jaar voor sy vertrek uit Vereeniging het Alberton al in die rigting beweeg en gevra dat die kombinasie beëindig word, wat dan ook besluit is op 10 Januarie 1945. Daarna kon albei gemeentes selfstandig beroep met die vertrek van ds. De Klerk na Durban.
Bediening in Durban duimnael|regs|300px|Die Nasionale Sinode van die GKSA van 1939 voor die Vrouemonument in Bloemfontein. Eerste ry: H.S. van Jaarsveld, F.N. Lion Cachet, W.J. Postma, B. de Klerk, H.J. Venter, J. van Rooy, P.W. van der Walt, P.G.W. Snyman. Tweede ry: N.H. van der Walt, J.G.H. van der Walt, D. Postma, dr. J.D. Du Toit, J.A. van Rooy, dr. C.J.H de Wet, dr. S.O. Los, dr. J.P. Jooste, J.V. Coetzee, I.D Krüger, J.C. van der Walt. Derde ry: J.P. van der Berg, G.H.J. Kruger, A.L Aucamp, M. Postma, J.M. de Wet, I.J. Lessing. Vierde ry: Jacs van Rooy, J.L. de Bruin, J.A. Schutte, A. Postma, E.L.J. Venter, D.G. Venter, J.L. Vorster, T.T. Spoelstra, Derk Rumpff, H. du Plessis. Vyfde ry: dr. B.J. de Klerk, P.J. de Klerk, J.J. Venter, J.H. Boneschans, L.S. van der Walt, S. du Toit, J.F. du Plooy, A.S.E. Yssel. Sesde ry: H.F.V. Kruger, P.J.S. de Klerk, D.N. Kotze, W.J. Snyman, W.F. Venter, S.P. van der Walt, J.W.J. van Ryssen, N.J. Snyman, B.R. Krüger, D.J. van der Walt.