Die Noordoos-Kaukasiese, Oos-Kaukasiese of Nacho-Dagestanse tale is ’n taalfamilie wat in die Russiese republieke Dagestan, Tsjetsjnië en Ingoesjetië en in Noord-Azerbeidjan en Noordoos-Georgië gepraat word, sowel as deur verstrooide bevolkings in Rusland, Turkye en die Midde-Ooste.

duimnael|links|Etniese kaart van die Kaukasus-streek Hulle word soms "Kaspiese tale" genoem omdat die streke waar hulle gepraat word, aan die Kaspiese See lê – in teenstelling met die naam "Ponties" vir die Noordwes-Kaukasiese tale. Saam met die Noordwes-Kaukasiese tale en die Suid-Kaukasiese tale (Kartweliese tale) maak die familie deel uit van ’n groep van drie taalfamilies wat in die Kaukasus-taalgebied gepraat word; al drie taalfamilies toon egter geen onderlinge genetiese verwantskap nie. Hulle word veral uit geografiese redes onder die sambreelterm Kaukasiese tale saamgevat. Die Georgiese taalkundige Arnold Chikobawa het wel 'n Ibero-Kaukasiese taalfamilie voorgestel, alhoewel dit algemeen verwerp is.

Van die bekendste en belangrikste Noordoos-Kaukasiese tale (volgens moedertaalsprekers) is: Tsjetsjnies (1,5 miljoen), Awaars (761 960) en Ingoesjeties (322 900). Hierdie tale word veral in Rusland gebesig en met die Cyrilliese alfabet geskryf.

Eksterne skakels

Kategorie:Taalfamilies Kategorie:Tale van Turkye