Die jaar 1822 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 22ste jaar van die 19de eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.

Gebeure 24 Mei – Slag van Pichincha: Simón Bolívar verkry onafhanklikheid vir Quito. 7 September – Brasilië verklaar sy onafhanklikheid van Portugal. 2 Desember – Pous Pius VII stel Anne-Antoine-Jules de Clermont-Tonnerre, aartsbiskop van Toulouse, Frankryk aan as kardinaal.

Geboortes 28 Januarie – Alexander Mackenzie, Kanadese bouaannemer, koerantuitgewer en staatsman, Eerste Minister van Kanada († 1892). 24 April – George French Angas, Britse en Australiese kunstenaar († 1886). 27 April – Ulysses S. Grant, 18de President van die Verenigde State († 1885). 20 Julie – Gregor Mendel, Oostenrykse Augustynse monnik, bioloog en ontdekker van die grondslag van die genetika († 1884). 4 Oktober – Rutherford B. Hayes, 19de President van die Verenigde State († 1893). 10 Desember – César Franck, Belgiese komponis († 1890). 24 Desember – Piet Potgieter, kommandant-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1854)

Sterftes Onbekend – Anton Anreith, 'n Duitsgebore beeldhouer werksaam in Suid-Afrika (* 1754). 12 Januarie – Johann Gottlob Schneider, 'n Duitse klassikus en bioloog (* 1750). 25 Junie – E. T. A. Hoffmann, Duitse Romantiese skrywer, komponis en regsgeleerde (* 1776). 8 Julie – Percy Bysshe Shelley, Engelse digter (* 1792) 19 Augustus – Jean Baptiste Joseph Delambre, 'n Franse wiskundige en sterrekundige (* 1749). 25 Augustus – William Herschel, ’n Britse sterrekundige (* 1738). 6 November - Claude Louis Berthollet, 'n Franse chemikus (* 1748) Kategorie:19de eeu Kategorie:1822