Die jaar 1828 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 28ste jaar van die 19de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Gebeure Stigting van Potchefstroom (Noordwes-Provinsie, Suid-Afrika) Die paswette wat in 1809 ingestel is en die Khoisan raak word afgeskaf. 14 April – Noah Webster verkry kopiereg op sy woordeboek en begin moontlik só VSA-Engels. 14 Oktober – SACS word gestig. 3 Desember – Andrew Jackson word ingestem as die sewende Amerikaanse president. 15 Desember – Pous Leo XII stel Antonio Domenico Gamberini, biskop van Orvieto en Juan Francisco Marco y Catalán, goewerneur van Rome aan as kardinale.
Geboortes 16 Januarie – J.W. van der Rijst, skrywer van die eerste handleiding vir Afrikaanse spraakkuns († 1904) 8 Februarie – Jules Verne, Franse skrywer van wetenskapsfiksie († 24 Maart 1905) 20 Maart – Henrik Ibsen, 'n Noorse skrywer († 1906) 12 Mei – Dante Gabriel Rossetti, Britse digter en skilder († 1882).
Sterftes 15 April – Francisco Goya, 'n Spaanse skilder (* 1746). 29 Julie – Nicolas Frochot, Franse politikus (* 1761). 8 Augustus – Carl Peter Thunberg, 'n Sweedse plantkundige (* 1743). 22 September – Shaka, Suid-Afrikaanse Zoeloe-leier (* 1787). 23 September – Richard Parkes Bonington, Waterverfskilder (* 1802). 19 November – Franz Schubert, Oostenrykse komponis (* 1797).
Kategorie:19de eeu Kategorie:1828