Die T'kaibebosDit word ook asbossie, bitterbos, bloubos, bloubossie, laventelbossie, perdebossie, ribbokbos of vaalbossie genoem, maar hierdie name word ook vir ander plantspesies aangewend. (Pteronia incana) is 'n struik wat endemies aan Suid-Afrika is. Dit kom in die provinsies Noord-, Oos- en Wes-Kaap voor. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys.
Dit kom in renosterveld (Overberg en Swartland) saam met die renosterbos voor.Biogeography and Ecology of Southern Africa, Deel 31 van Monographiae Biologicae, , Springer Science & Business Media, 2012, , , bls 216-217
Die plant is aromaties en onsmaaklik vir die vee en bevat 'n essentiële olie.Die essentiële olie is tydens die Ciskei Essential Oil Project deur E.H. Graven van die Universiteit van Fort Hare as Blue Bush Oil of Blue Dog bekend gemaak. Die enigste etnobotaniese inligtings oor hierdie plant is deur die Montagu Museum van die Wes-Kaap opgeteken. Dit is teen griep, koors, niersiektes en rugpyne gebruik. In 2010 is dit aan navorsing onderwerp om te sien of die essentiële olie wat uit die plant verkry kan word mediese waarde het. Die olie bevat veral β-pineen, limoneen, 1,8-cineool, myrceen, spathulenol, p-cymeen and metieleugenol en in kleiner hoeveelhede α-pineen, sabineen, γ-terpineen, terpinen-4-ol, biclogermacreen, globulol and α-bisabolol. Dit blyk veral werksaam teen die gis Cryptococcus neoformans te wees.The ethnobotany, leaf anatomy, essential oil variation and biological activity of Pteronia incana (Asteraceae) , South African Journal of Botany, 76(4), Oktober 2010, bls. 668–675
Die plant staan ook as die asbossie bekend.
Verwysings
incana Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika