Pierre Basson (3 Januarie 1880–22 Januarie 1906 Profiel op murderpedia.org, besoek op 19 November 2016) was Suid-Afrika se eerste gedokumenteerde reeksmoordenaar. Hy het minstens nege mense in sy agterplaas in Claremont, Kaapstad om die lewe gebring en begrawe sodat hy hulle lewensversekering kon opeis. Toe polisielede by sy huis opdaag, het hy homself geskiet.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Lewensloop Pierre Corneille Faculys Basson is in 1880 gebore en maak hom op vroeë ouderdom al aan wrede dade skuldig. Op 12 val hy 'n seun met 'n mes aan en hy het genot uit die lyding van diere geput. Hy het onder andere daarvan gehou om voëls te vang en dood te martel. Hy het ook katte se pote afgekap, om te kyk hoe hulle van die pyn krul.
As volwassene het Basson geld aan mense uitgeleen. Leners moes hom as begunstigde op hul versekeringspolisse nomineer, waarna hy hulle tussen 13 Februarie 1903 en 22 Januarie 1906 doodgemaak het om die geld op te eis.
Basson se eerste slagoffer was sy broer Jasper, wat hy tydens 'n visvang-uitstappie op 4 Februarie 1903 verdrink het. Jasper se liggaam is nooit gevind nie en die versekeringsmaatskappy wou aanvanklik nie die polis uitbetaal nie, tot hulle deur 'n hof beveel is om dit te doen.
Hy neem sy eie lewe toe die polisie sy laaste slagoffer, Wilhelm Schaefer ('n Duitse boer), se graf ontdek. Sy laaste woorde aan sy ma, toe die die polisie met opgrawings op hul erf begin, was "Ek gaan aantrek vir die polisie. Ek het niks verkeerd gedoen nie."
Hy is later in 1906 postuum aan moord skuldig bevind. Murdering for money, Pierre Basson: 1903 , besoek op 19 November 2016
Sien ook Lys van Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse reeksmoordenaars Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1880 Kategorie:Sterftes in 1906