Die Konvensie op Internasionale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora (CITES – Convention on International Trade in Endangered Species of Wild Fauna and Flora) is 'n internasionale organisasie wat hom beywer om te verseker dat die handel in diere en plante nie die oorlewing van spesies bedreig nie.
CITES 1 Die lys vereis dat daar 'n invoerpermit moet wees van die land waarheen die dier of gedeeltes van die dier uitgevoer word en dat daar 'n uitvoerpermit moet wees van die land van oorsprong.
Suid-Afrikaanse diere op hierdie lys is: Luiperd Swartpootkat Jagluiperd Kaapse bergkwagga/Berg-sebra
CITES 2 Die lys vereis dat vir die dier of gedeeltes van die dier daar 'n uitvoerpermit moet wees.
Suid-Afrikaanse diere op hierdie lys is: Alle Primate Kleinotter Groototter Rooikat Tierboskat Vaalboskat Leeu Blouduiker Hartmannse bergkwagga/Sebra Rooilechwe/Basterwaterbok Alle Likkewane Afrika Luislang Mahem Olifant Seekoei Bruin hiëna/Strandjut Witrenoster (slegs SA bevolking) Ietermagog Bontebok
Bronnelys Jacobson, I.M.V.: Cites - handel en oorlewing. In: Conserva. Tydskrif van die Departement van Omgewingsake. Maart/ April 1992, deel 7, nr. 2. ISSN 0258-3313 Wet op Omgewingsbestuur van Limpopo No 3 van 2003 (Woordomskrywings)
Kategorie:Mens-dier interaksie Kategorie:Flora