duimnael|links|Uitstalling van GoPro-toerusting. duimnael|links|Aksiefoto deur 'n GoPro-kamera geneem.
GoPro, Inc. (bemark as die GoPro, en soms gestileerd as GoPRO) is 'n Amerikaanse tegnologiemaatskappy wat in 2002 deur Nick Woodman gestig is. Dit vervaardig gelyknamige aksiekameras en ontwikkel ook sy eie mobiele toepassings en videoredigeringsagteware.
Die maatskappy is oorspronklik as Woodman Labs, Inc gestig, maar het later sy eie lyn van aksiekameras ontwikkel, en uiteindelik ook videoredigeringsagteware. Dit het ook 'n kwadkopterhommeltuig ontwikkel wat in Oktober 2016 vrygestel is.
Woodman het aanvanklik 'n gedeelte van sy kapitaal bekom deur die verkoop van krale en skulpgordels vir onder $20 uit sy VW-paneelwa en later, mode kamerabande. Hy het ook meer as $230 000 in beleggings van sy ouers ontvang.
In 2004 het die maatskappy sy eerste kamerastelsel verkoop, wat 35 mm film gebruik het. Digitale videokameras is later vrygestel. Teen 2014 was 'n vastelens HD-videokamera met 'n 170°-wyehoeklens beskikbaar; twee of meer kameras kan ingespan word om saam 360-grade video te skep.
Op 4 Junie 2014 het die maatskappy aangekondig dat die voormalige uitvoerende bestuurder van Microsoft, Tony Bates, as president aangestel is en direk aan Woodman sal rapporteer.
In Januarie 2016 het GoPro met Periscope saamgespan vir lewendige beeldafvoer.
Nadat die aantal werknemers tot meer as 500 gegroei het in 2015, het die maatskappy op swak verkope in die vierde kwartaal gereageer deur die aflegging van sowat 100, of 7% van sy arbeidsmag, in Januarie 2016.
HERO-kameras duimnael|GoPro Hero 4 Silver Edition Woodman het vir twee jaar na die stigting van die maatskappy aan die ontwikkeling van sy eerste kamera gewerk. Uiteindelik is die GoPro 35 mm Hero in September 2004 by San Diego se Aksiesporthandelskou bekendgestel. In sy eerste jaar het GoPro $150 000 se produkte verkoop. In 2006 volg die maatskappy se eerste Digitale Hero, met 10 sekondes se videovermoë, en dit gegenereer $800 000 in inkomste. Die volgende jaar het GoPro se verkope vervierdubbel tot $3,4 miljoen.
In 2014 het die maatskappy die Hero3+ in verskillende kleure begin bemark. Dit is in staat om in 16:9 aspek verhouding te fotografeer, ondersteun 4K UHD video en 12MP stilfoto's. Die Hero 4 is vrygestel op 24 September 2014.
Karma duimnael|GoPro se Karma-hommeltuig Die GoPro Karma is GoPro se verbruikershommeltuig.
Bykomstighede GoPro produseer verskeie monteringsbykomstighede vir sy kameras, insluitend 'n 3-rigtingpassing, suigproppe, borsharnas, kaaktipe buigbare klamp, hondeharnas, ens.
Videoredigering Die maatskappy het GoPro Studio ontwikkel, eenvoudige videoredigeringsagteware om kameraskote te wysig,GoPro Studio 2.0 Hands-On: Easier, Awesomer Videos (UPDATE). Besoek op 22 Julie 2014 met v2.5 vrygestel in Oktober 2014. Daar is berig dat GoPro ook 'n inhoudsverskaffer wil word.
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Amerikaanse maatskappye Kategorie:Elektroniese verbruikersware