Zelia Myer was die skuilnaam van Elizabeth Murray (1890–1988), ’n Afrikaanse skrywer van populêre romans.

Lewe en werk Elizabeth Murray is op 2 Julie 1890 op Swellendam gebore as die oudste dogter van die NG predikant George Murray.Geni-webwerf: http://www.geni.com/people/Elizabeth-Murray-b10c11/6000000008046158492 Haar ma was ’n nooi Meiring, wat kort na haar geboorte oorlede is, waarna haar pa weer trou, met Catharina Louw. Uit haar pa se tweede huwelik het sy tien halfbroers en –susters, naamlik Andrew, Adrian Jacobus, Charlotte, George Stegmann, Louis John, Maria Francis, Henry William, Harold Reitz, Helen en Margaretha. Sy kwalifiseer as musiekonderwyseres en trou met die predikant Johan Reyneke. Die egpaar het vyf kinders. Op 11 Oktober 1988 is sy oorlede.

Skryfwerk Onder die skuilnaam Zelia Myer skryf sy ontspanningsleesstof, wat hoofsaaklik deur boekklubs uitgegee word. “Die silwer rand” is ’n Christelike roman.

Publikasies JaarPublikasies1942Nalatenskap1945Herinnerings1947Die silwer rand1950Anna van SkewebergeEgte silwer1952Winterson1953Die bergstroom1957Maar die grootste hiervan1961Kasper en Jasper en ander verhaleLaerdal1967Uit gebreekte erts

Bronnelys

Internet Geni: http://www.geni.com/people/Elizabeth-Murray-b10c11/6000000008046158492 Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3AMyer%2C+Zelia.&qt=hot_author

Ander verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1890 Kategorie:Sterftes in 1988