Kougoed, ook: kanna, hotnotskougoed (Mesembryanthemum tortuosum) is 'n plant uit die vygiefamilie wat voorkom in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap. Op die SANBI-rooilys word dit as veilig (LC) gelys.

Beskrywing Die plant vorm slank takkies wat kruip of klim en wat met ouderdom houtig kan word. Die blomme word 2-3 cm groot en is bleekgeel of -pienk. Hulle word deur insekte bevrug. Die vrug is 1-1,5 cm groot en gaan oop wanneer dit vogtig is. Dit kom op kwartsgrond voor. Gebruik Die plant word gebruik vir sy eienskappe as 'n dwelmmiddel wat neerslagtigheid demp. Die Khoi en die Boesmans het dit reeds gebruik. Saam met dagga, het kanna 'n belangrike element in die prekoloniale uitruil-ekonomie van suidelike Afrika gevorm. Die eerste bekende geskrewe verslag van die gebruik van die plant was in 1662 deur Jan van Riebeeck, alhoewel die Engelse Oos-Indiese Kompanjie-amptenaar in Hirado, Richard Cocks, kanna se eienskappe verduidelik het deur dit te vergelyk met dié van ginseng so vroeg as 1616. In die sewentiende en agtiende eeue het Europese skrywers soos Peter Kolb en Guy Tachard verkeerdelik veronderstel dat kanna moontlik dieselfde plant as Oos-Asiatiese ginseng kan wees, weens sy stimulerende eienskappe. Vandag word dit wetenskaplik ondersoek en bestaan daarvan 'n gestandaardiseerde ekstrak wat Zembrin genoem word. Daar is aanwysings dat dit PDE4 en die heropname van 5-HT (serotinien) inhibeer. Een van die aktiewe stowwe is die alkaloïed mesembrien.Synthesis of Naturally Occurring Nitrogen Heterocycles from Carbohydrates, , John Wiley & Sons, 2008, , , bls. 364 duimnael|Die mesembrien-molekule|links|100px

Galery

Verwysings

tortuosum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika