Nico Liebenberg is ’n Afrikaanse digter.
Lewe en werk Nicolaas Albertus Liebenberg is in 1944 op Springs gebore. Hy is vir ’n tyd lank takbestuurder van ’n musieksaak, maar sy liefde vir die see dryf hom telkens terug na die Suid-Afrikaanse Vloot.
Skryfwerk Sy gedigte verskyn onder andere in Standpunte en Tydskrif vir Letterkunde en hy debuteer met die bundelCoetzee, A.J. “Standpunte” Nuwe reeks 102, Augustus 1972 “Die eerste gety”. Die titel van die bundel verwys na die see en sy gety wat dinge grensloos en rustig maak en hierdie tema is dan die agtergrond vir die bundel. Daar is ’n versugting na ’n tydloosheid en ruimteloosheid in die gedigte, ’n verlange na uithoeke waar die wêreld mooi is. Terselfdertyd beteken die verlange na elders dat die eie drome ook afgelê moet word, sodat die ideale wêreld ook nie in die self bestaan nie. Hierdie droomwêreld, wat ook in liefdesverse gestalte vind, word gekontrasteer met gedigte oor die aaklige werklikheid van gebeure in die wêreld. In sy gedig “Voorbladnuus” omskep hy byvoorbeeld nuusberigte in ’n gedig, terwyl hy ná N.P. Van Wyk Louw se dood ’n huldigingsgedig skryf. Die bundel word gekritiseer omdat mense te veel assimilasie en ontlenings van ander digters se werk daarin lees, onder andere van gedigte in “Boot in die woestyn” van Marlise Joubert, maar ook van gedigte van Ingrid Jonker en Breyten Breytenbach. Van sy gedigte word opgeneem in Gerrit Komrij se omvattende bloemlesing “Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte” en in vroeë uitgawes van D.J. Opperman se “Groot verseboek”.
Publikasies JaarPublikasies1971Die eerste gety
Bronnelys
Boeke Beukes, W.D. (red.) “Boekewêreld: Die Nasionale Pers in die uitgewersbedryf tot 1990” Nasionale Boekhandel Bpk. Kaapstad Eerste uitgawe eerste druk 1992 Cloete, T.T. (red.) “Die Afrikaanse literatuur sedert sestig” Nasou Beperk Eerste uitgawe 1980 Grové, A.P. “Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans” Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988 Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
Internet Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Liebenberg,_Nicolaas_Albertus Le Roux, André Die Burger: http://m24arg02.naspers.com/argief/berigte/dieburger/1989/09/07/14/1.html
Resensies
Kategorie:Afrikaanse digters Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1944