Klaas van Rijsse jr. (Zaandam, Nederland, 23 Februarie 1860 – Renkum, Gelderland, Nederland, 10 November 1941)GenealogieOnline.nl. URL besoek op 24 Oktober 2016. was ’n argitek wat van 1887 tot en met die Tweede Vryheidsoorlog in die Zuid-Afrikaansche Republiek as privaat burger en staatsamptenaar gewerk en vir enkele van die indrukwekkendste geboue uit daardie tydperk verantwoordelik was. Hy en Sytze Wierda het ’n belangrike bydrae tot pres. Paul Kruger se ambisie gelewer om Pretoria ’n meer hoofstedelike bekoring te gee, veral rondom die sentrale Kerkplein, maar albei het ook buite die middedorp en elders in die Zuid-Afrikaansche Republiek gebou. Studentenplannen voor Westfort Village bij Pretoria . URL besoek op 23 Oktober 2016.

Herkoms en opleiding Van Rijsse was die seun van Klaas van Rijsse (vandaar die "jr." wat dikwels agter sy naam geskryf word) en Geesje van Leeuwen (gebore 1838 in Assendelft). Besonderhede op myheritage.com. URL besoek op 23 Oktober 2016. Sy vader se beroep word as "houtzaagmolenaar" aangedui.

Nadat Van Rijsse as privaat leerling van Sytze Wierda in Amsterdam sy opleiding en vorming as argitek voltooi het, het hy hom op sy geboorteplek, Zaandam, as boukundige gevestig. Daar is hy aan die begin van 1887 in die huwelik bevestig met Jacoba Brummelkamp (née Hartgerink). Sy is op 10 Januarie 1844 om 05:30 op die dorp Goor gebore as dogter van die 33-jarige timmerman Derk Hartgerink en sy 32-jarige vrou, Anna Margaretha Kraft, huisvrou.Haar genealogiese besonderhede op die webtuiste GenealogieOnline.com. URL besoek op 24 Oktober 2016. Sy was die weduwee van Benjamin Brummelkamp, 'n seun van prof. Antonie Brummelkamp, een van die eerste vier professore verbonde aan die Gereformeerde Kerk se Teologiese Skool in Kampen, opgerig in 1854. Een van prof. Brummelkamp se drie kollegas aan dié skool was prof. Helenius de Cock, oupa van die Suid-Afrikaanse geskiedskrywer dr. A.J. Böeseken. Die Gereformeerde Vroueblad. 1959. Gedenkboek: Die Gereformeerde vrou 1859–1959. Potchefstroom: Potchefstroom Herald. Nadat Van Rijsse na Amsterdam verhuis het om in diens te tree van Wierda, het hy by die weduwee Brummelkamp loseer. Mettertyd het 'n liefdesverhouding tussen hulle ontstaan, wat op 10 Februarie 1887 tot 'n baie gelukkige egverbintenis gelei het.GenealogieOnline.nl. URL besoek op 24 Okotber 2016. Van Rijsse en sy vrou is albei in die provinsie Gelderland oorlede: sy op 29 Maart 1921 in Rheden; hy 20 jaar later, midde-in die Tweede Wêreldoorlog, in Renkum. Hul huwelik was kinderloos, maar hy het wel stiefkinders gehad.

Verhuising na die ZAR duimnael|links|320px|Amptenare van die ZAR se departement van openbare werke, onder wie Sytze Wierda (middel voor) en Klaas van Rijsse (regs voor).

Kort ná hul huwelik het die egpaar Van Rijsse en die kinders uit Jacoba se eerste huwelik in geselskap van 'n aantal ander Nederlandse immigrante na die Zuid-Afrikaansche Republiek verhuis. In Pretoria het Van Rijsse as argitek in diens getree van G.R. Ockerse, 'n nyweraar wat 'n hele aantal belangrike handels- en nywerheidsbelange in die Republiek gehad het, onder meer ’n steenmakery en leerlooiery. Hy het talle Nederlandse vakmanne na die republikeinse hoofstad gebring en daar van werk voorsien.

In 1887 was die ontwerpplan vir 'n nuwe goewermentsgebou in Pretoria gereed. Die nuwe moes die eerste goewermentsgebou vervang wat aan die einde van die sestiger- en begin van die sewentigerjare van die 19de eeu op die hoek van Marktstraat (later Paul Krugerstraat) en Kerkplein opgerig is. Hiervoor het die ZAR se regering £25 000 bewillig en 'n prysvraag vir 'n geskikte ontwerpplan uitgeskryf. Die ontwerpplan van argitek J.W. Leslie Simmonds het die eerste plek verower, maar voor die oprigting van die gebou sou begin, het die regering besluit om eers 'n kommissie aan te stel om die ontwerpplan en bestek van die gebou noukeurig na te gaan. In hierdie kommissie het die regering Van Rijsse as een van die lede aangestel. Hy het daarna as sekretaris van die kommissie opgetree en met sy deeglike vakkundige kennis hom besonder verdienstelik gemaak. Hy was grotendeels verantwoordelik daarvoor dat die regering, veral op sy aandrang, eindelik besluit het om die ontwerpplan van Simmonds te laat vaar en ander reëlings te tref.

Met sy gemotiveerde optrede en deskundige raad in verband met die Simmonds-ontwerpplan het Van Rijsse die regering se vertroue in sy gesonde oordeel en deskundigheid volkome gewen. Pres. Kruger het Van Rijsse toe gevra om 'n heeltemal nuwe ontwerpplan op te stel waaroor die finale beslissing gevel sou word sodra Kruger van sy destydse amptelike staatsbesoek aan die Oranje-Vrystaat terugkeer.Die betekenis van Sytse Wierda vir die ZAR. URL besoek op 23 Oktober 2016.

Voorlopige Gouwerments Ingenieur en Argitekt Van Rysse is in dié tyd aangestel as die eerste voorlopige Goevernements Ingenieur en Argitekt, 'n nuwe regeringsbetrekking in die Republikeinse administrasie. Wierda het kort vantevore die aanstelling as Goevernements Ingenieur en Argitekt van die ZAR aanvaar en Van Rijsse sou voorlopig die betrekking beklee tot Wierda, sy vroeëre werkgewer in Amsterdam, in Pretoria vanuit Nederland opdaag. In dié amp het Van Rijsse van Augustus tot Oktober 1887 opgetree. Toe Kruger op die laaste dag van Oktober 1887 vanuit Bloemfontein na Pretoria terugkeer, was Wierda een van die talle toeskouers wat die president by 'n versierde ereboog in Marktstraat verwelkom het. Die volgende oggend het Kruger vir Wierda beëdig as die eerste permanente Goevernements Ingenieur en Argitekt van die ZAR. So het Van Rijsse se tydelike diens oorbodig geword en is hy onthef van die pligte wat hy 'n tyd lank op eervolle wyse uitgevoer het.

As Wierda se assistent Na aanleiding van Wierda se vertoë aan die regering is Van Rijsse kort ná eersgenoemde se indienstreding as sy assistent aangestel en in dié amp het Van Rijsse in diens van die ZAR gebly tot met die val daarvan. As die amptenaar wat tweede in beheer was van die uiters belangrike departement van openbare werke (wat mettertyd tot stand gekom het), terwyl hy ook tydens Wierda se afwesigheid as departementshoof waargeneem het, het Van Rijsse uitmuntende en gewaardeerde dienste aan die Republiek gelewer, aldus H.M. Rex. Pretoriana, no. 23, April 1953, weergegee op die webtuiste artefacts.co.za. URL besoek op 23 Oktober 2016.

Privaat en openbare werk duimnael|regs|300px|Die NAZSM-huis, Pretoria, opgerig in 1889 en gesloop in 1958.

In 1889 het die regering Van Rijsse verlof gegee om vir ’n bepaalde tyd die staatsdiens te verlaat. Van dié geleentheid het hy gebruik gemaak om in vennootskap met die argitek J.E. Vixseboxse 'n argiteksfirma op te rig. Vanweë die ontdekking van goud was daar aan die einde van die tagtiger- en begin van die negentigerjare van die 19de eeu 'n geweldige opbloei in die boubedryf aan die Rand en in Pretoria. In die tydperk van sy samewerking met Vixseboxse (die vennootskap is beëindig toe laasgenoemde Bloemfontein toe verhuis) en ook toe hy voltyds in diens van die departement van openbare werke was, het Van Rijsse 'n hele aantal imposante privaat en openbare geboue ontwerp, afgesien van sy werksame en skeppende aandeel in die bedrywighede van die departement. Voorbeelde van dié geboue is: Die NZASM-huis vir G.A.A. Middelberg (1846–1916), hoofbestuurder van die NZASM, op die hoek van Markt- (Paul Kruger-) en Jacob Mare- (Jeff Masemola) straat, later in gebruik van die departement van naturelle sake en in 1958 gesloop.Die geskiedenis van die huis en die mense wat tot 1900 daar gewoon het . URL besoek op 24 Oktober 2016. Toe die Britte Pretoria in 1900 beset, het die Britse magte die huis oorgeneem en het dit in militêre besit gebly tot met die sloping daarvan. Besonderhede van die huis op die webtuiste artefacts.co.za. URL besoek op 23 Oktober 2016. 'n Pawiljoen vir die ZAR op die Wêreldtentoonstelling in Antwerpen in 1894. 'n Woonhuis vir P.W.T. Bell, direkteur van die staatsdrukkery, op die terrein van die Pretoriase Tegniese Kollege. "Parkzicht", hoek van Jacob Maré- (Jeff Masemola-) en Van der Walt- (Lillian Ngoy-) straat. Dit word beskryf as "ongetwyfeld" een van Van Rijsse se "mees geslaagde" ontwerpe. Dié gebou is ontwerp as 'n woonhuis in die Vlaams-Renaissance-styl vir adv. F.W.H. Kleijn (1838–1896), regter en staatsprokureur van die ZAR. Krüger, prof. D.W. en Beyers, C.J. (hoofred.) Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek Deel III. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers, 1977. Indertyd is die huis beskou as een van die sierlikste wonings in die destydse spogwoonbuurt van Pretoria. Ook dié gebou is gesloop.Besonderhede op die webtuiste artefacts.co.za. URL besoek op 23 Oktober 2016. 'n Interessante ontwerp wat Van Rijsse vir 'n nuwe presidentswoning gemaak het, is nie uitgevoer nie omdat die president gemeen het sy bestaande woning, oorkant die Gereformeerde kerk Pretoria, die sogenaamde Krugerhuis, was voldoende.

Kerkontwerpe Dit was veral op die gebied van die kerkboukuns dat Van Rijsse uitgeblink het en in besonder met sy ontwerp van die huidige Gereformeerde kerk Pretoria en die huidige NG kerk Pretoria, die sogenaamde Groot- of Bosmaanstraatse kerk. Sy derde kerkontwerp was vir die kerk op die perseel van die inrigting vir melaatses Wesfort buite Pretoria.

Gereformeerde kerk Pretoria duimnael|links|300px|Uitsig op die kansel vanaf die galery in die Paul Krugerkerk.

regs|230px|duimnael|Die Gereformeerde kerk Pretoria (die sogenaamde Paul Krugerkerk), saam met die Bosmanstraatse NG kerk Van Rijsse se bekendste ontwerp. Pres. Paul Kruger het die hoeksteen op 10 Oktober 1896 (sy 71ste verjaardag) gelê en ook by geleentheid in dié kerk gepreek.

duimnael|links|270px|’n Gedenksteen in die Gereformeerde kerk Pretoria, die sogenaamde Paul Krugerkerk.

Vanweë die sterk groei van die dorp Pretoria in die 1890's het die kerkraad van die plaaslike Gereformeerde gemeente in 1892 'n boufonds vir 'n nuwe kerk opgerig, maar weens verskeie terugslae, kon "een van die gemeente se mees belangstellende lidmate",Maeder, ds. G.A. en Zinn, Christian. 1917. Ons Kerk Album. Kaapstad: Ons Kerk Album Maatschappij Bpkt. pres. S.J.P. Kruger, die hoeksteen eers op 10 Oktober 1896, sy 71ste verjaardag, lê. Hierdie monumentale bouwerk sou ten noorde van die bestaande kerk opgerig word. Van Rijsse was ’n ouderling van die gemeente en het ’n voorliefde vir kerkbou gehad. Die firma Daanen en Dorlas het as bouaannemers opgetree. Eindelik het die boukoste £13 000 beloop, waarvan die president £2 250 bygedra het. Die kerkgebou is op Kersdag 1897 in gebruik geneem nadat pres. Kruger die deure oopgesluit het. Dit bied sitplek aan amper 900 kerkgangers. Pretoria se Dopper-kerkgebou was daarna nooit weer te klein nie.

Die gebou is in die styl van die Nederlandse Neo-Renaissance gebou. Dit het aan die hoofstad van die ZAR 'n juweel van groot argitektoniese waarde besorg wat in ander kerkgeboue nagevolg is. Van Rijsse het swaar gesteun op dié Nederlandse herlewingstyl waarin die gebruik van rooi baksteen met mooi messelwerk kenmerkend was. Die gebou dra daardeur 'n besondere fyn harmonie. Die grondplan is 'n Griekse kruisvorm met 'n hoë binneruimte sonder enige steunbere. Staaltrekstange teen die kunstig bewerkte plafon vervul hierdie rol. Die interieur en eksterieur staan opvallend genoeg in hierdie gebou nie teenoor mekaar nie. Die argitek het doelbewus 'n balans probeer handhaaf deur ewe veel aandag aan albei te gee. Die ryklik versierde eikehoutpreekstoel uit Rotterdam, ontwerp deur die beeldhouer C.H. Eckhart, is monumentaal in eie reg. Die banke is tradisioneel loodreg in die syarms geplaas en het so behoue gebly. Aanvanklik het die broeders in die banke plaas geneem en die susters op die stoele in die middel. Die glas-in-lood het opvallende rooi glas en dit skep 'n gevoel van warmte en deftigheid. Die kerk het uit die staanspoor elektriese beligting gehad en die koperkroonlugters is in 1897 deur die firma Delfos Bros. aangebring.