Bababoudjies (Argyroderma delaetii C.A.Maass syn. Argyroderma roseum Schwantes) is vetplante wat op die kwartsvlakte van die Knersvlakte endemies is. Dit behoort tot die familie Aizoaceae en word op de SANBI-rooilys as veilig (LC) beskou.

Dit is 'n dwergplantjie wat nie groter as 3 cm word nie en een paar vlesige blare per jaar groei tussen die kwarts wat dikwels die Knersvlakte bedek. Die blomme kan verskeie kleure hê. Hulle groei veral tussen die wit kwartssteentjies wat baie van die sonlig reflekteer. Dit hou die temperatuur van die blaartjies sowat 10K laer as op die streek se rooi sandgronde.Life Strategies of Succulents in Deserts: With Special Reference to the Namib Desert, , CUP Archive, 1992 , , bls. 148

Verwysings

delaetii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika