V Hydrae (V Hya) is ’n koolstofster in die sterrebeeld Noordelike Waterslang.

Veranderlikheid V Hydrae is ’n halfreëlmatige veranderlike ster (SRa), en word soms beskou as ’n Mira-veranderlike. Dit pulseer met tussenposes van 530 dae en met ’n helderheid van tussen 1 en 2 magnitudes, maar toon ook verdowwings met tussenposes van sowat 6 160 dae wanneer sy magnitude tot onder 12 kan daal.

Evolusiefase V Hydrae is ’n koolstofster in die asimptotiese reusetak (ART) wat meer koolstof as suurstof in sy atmosfeer het. Die tempo van massaverlies toon aan dit is naby die einde van sy ART-fase, en op die punt om sy hele atmosfeer te verloor en ’n planetêre newel te vorm. Dit word soms beskou as ’n post-ART-voorwerp.

Metgeselle V Hydrae het ’n sigbare dubbelster-reusemetgesel van spektraaltipe K0 met ’n magnitude van 11,5.

Dit het ook ’n onsigbare metgesel in ’n wentelbaan van 8,5 jaar. Daar word geglo die afname in helderheid elke 17 jaar kan veroorsaak word deur ’n wolk wat met die metgesel verbind word wat voor die reusester verbybeweeg.

V Hydrae skiet strale plasmabolle teen ’n hoë spoed uit en daar is ’n skyf materiaal om die ster. Omdat dit beskou word as aan die einde van sy ART-fase en die ster begin om ’n planetêre newel te vorm, kan die meganisme van die plasmabolle groter insig gee in die vorming van planetêre newels. Die plasma is soos koeëls materiaal wat uitskiet elke keer dat die onsigbare metgesel naby die reusester verbybeweeg in sy hoogs eksentrieke wentelbaan. Die materiaal word in verskillende wentelings in teenoorgestelde rigtings geskiet vanweë ’n ommeswaai in die uitskietmeganisme.

Verwysings

Kategorie:Noordelike Waterslang Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:C-tipe sterre