Mark SinclairMark Sinclair birth record, California Birth Index."Diesel breaks silence over Walker". (gebore 18 Julie 1967), beter bekend onder sy verhoognaam, Vin Diesel, is 'n Amerikaanse akteur, vervaardiger, regisseur en draaiboekskrywer. Hy is bekend vir sy rol as Dominic Toretto in die The Fast & the Furious-filmreeks en Richard B. Riddick in die The Chronicles of Riddick-reeks. Hy was ook 'n vervaardiger van albei se opvolgreekse.

Diesel het ook in films soos xXx (2002) en Find Me Guilty (2006) gespeel. Sy stem is in The Iron Gaint (1999), die videospeletjieweergawes van die The Chronicles of Riddick-franchise, en Guardians of the Galaxy (2014) gebruik. Hy het die kortfilm Multi-Facial geskryf, dit geregisseer, vervaardig en ook die hoofrol daarin vertolk. Hy is die stigter van die produksiemaatskappye One Race Films, Racetrack Records en Tigon Studios.

Vroeë lewe Diesel en sy tweelingbroer, Paul, is in Alameda County, Kalifornië, gebore.Paul Sinclair birth record at California Birth Index."Vin Diesel Biography (1967–)". Hul moeder, Delora Sherleen (Sinclair) Vincent, is 'n astroloog."CNN.com – Vin Diesel: From nightclub bouncer to action hero – 12 Augustus 2002" ."Vincent, Irving H". encyclopedia.com. Volgens Diesel is hy "van dubbelsinnige etnisiteit".Vincent, Mal (22 Junie 2001). Sy moeder is onder meer van Engelse, Duitse en Skotse afkoms."VinDiesel explains why Glasgow was perfect to shoot Fast 6" . Hy het nooit sy biologiese vader ontmoet nie, en het gesê "volgens my moeder is ek verbind aan baie verskillende kulture"."Diesel mixes it up". Diesel self identifiseer as "beslis 'n persoon van kleur"."Diesel is running hot". Hy is in New York deur sy moeder en stiefpa, Irving H. Vincent, 'n waarnemende instrukteur en teaterbestuurder, grootgemaak.Pearlman, Cindy (9 Augustus 2002).

Diesel het sy verhoogdebuut op die ouderdom van sewe gemaak toe hy in die kinderkonsert Dinosaur Door verskyn wat deur Barbara Garson geskryf is. Dit is deur Theater for the New City aangebied. Dit is nadat hy, sy broer en 'n paar vriende by die teater ingebreek het met die doel om dit te vandaliseer. Hulle is gekeer deur die teater se artistieke direkteur, Kristal Veld, wat aangebied het om hulle rolle in die komende vertoning te gee in plaas daarvan om die polisie te bel.Krulik, Nancy E. (1 November 2002).Vincent, Mal (9 Augustus 2002). "xXx" .Wloszcyna, Susan (4 Junie 2004). Diesel het by die teater betrokke gebly en die stad se Hunter College bygewoon, waar sy studie in kreatiewe skryfwerk gelei het tot die skryf van draaiboeke. Hy het homself beskou as 'n akteur met "vele fasette"Thrupkaew, Noy (16 Augustus 2002). as gevolg van probleme in die verlede om rolle te kry weens sy gemengde afkoms."Vin Diesel Shifts Acting Career into High Gear In 'The Fast and the Furious'" .

Loopbaan

1990's links|duimnael|200px|Diesel in 2009 op die première vir Fast & Furious. Diesel se eerste rol was 'n kort verskyning sonder krediet in Awakenings (1990). Hy het die kortfilm Multi-Facial (1994) geskryf, dit geregisseer, vervaardig en ook die hoofrol daarin vertolk. Dit was ’n kort halfoutobiografiese film oor 'n sukkelende akteur wat in die oudisieproses verstrengel raak. Die film is in 1995 op die Cannes-rolprentfees vertoon. Sy eerste vollengteprent was Strays (1997), 'n stedelike drama waarin hy die rol van 'n bendeleier speel wie se liefde vir 'n vrou hom inspireer om te probeer verander. Die prent, wat deur Diesel geskryf, geregisseer en vervaardig is, is gekies vir kompetisie op die Sundance-fees van 1997 en dit het gelei tot 'n kontrak met MTV om dit in 'n reeks te omskep. Hy is daarna gekies vir Steven Spielberg se Oscar-bekroonde film Saving Private Ryan van 1997. In 1999 was hy die stem van die titelkarakter in die animasieprent The Iron Giant.

2000's duimnael|250px|Fast Five-akteurs saam met Natalie Morales vir NBC se Today. Diesel het 'n belangrike rol in die dramariller Boiler Room (2000) gespeel. Se medesterre was Giovanni Ribisi en Ben Affleck. Hy het sy deurbraak later daardie jaar gemaak in die hoofrol van die anti-held Riddick in die wetenskapsfiksiefilm Pitch Black. Diesel het aksieheldstatus bereik met sy treffers The Fast & the Furious (2001) en xXx (2002).

Filmografie Jaar Titel RolNotas1990AwakeningsOppasserGeen krediet1994Multi-FacialMikeKortfilm Skrywer, vervaardiger, regisseur1997StraysRickSkrywer, vervaardiger, regisseur1998Saving Private RyanWeerman Adrian Caparzo1999The Iron GiantTitelrolStem2000Boiler RoomChris VarickPitch BlackRichard B. Riddick2001The Fast & the FuriousDominic TorettoKnockaround GuysTaylor Reese2002xXxXander CageUitvoerende vervaardiger2003 A Man ApartSean VetterVervaardiger2004 The Chronicles of RiddickRichard B. Riddick The Chronicles of Riddick: Dark FuryStem2005 The PacifierLuitenant Shane Wolfe2006Find Me GuiltyJack DiNorscio The Fast & the Furious: Tokyo DriftDominic TorettoGeen krediet2008Babylon A.D.Hugo Cornelius Toorop2009Los Bandoleros Dominic TorettoKortfilm Skrywer, vervaardiger, regisseurFast & FuriousVervaardiger2011Fast Five2013Fast & Furious 6Riddick: BlindsidedRichard B. RiddickKortfilm StemRiddickRichard B. RiddickVervaardiger2014Guardians of the GalaxyGrootStemLife is a DreamUitvoerende vervaardiger2015Furious 7Dominic TorettoVervaardiger The Last Witch HunterKaulder2016Billy Lynn's Long Halftime WalkShroom2017xXx: The Return of Xander CageXander CageVervaardigerFast 8Dominic TorettoGuardians of the Galaxy Vol. 2GrootStem

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Amerikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Geboortes in 1967 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu