Johan Pretorius (*14 Desember 1913, Ficksburg –† 19 Augustus 1986, Ficksburg) was ’n Afrikaanse skrywer wat sy populêre romans gepubliseer het onder Johan Pretorius en J.G. du P. Pretorius, asook onder sy skuilnaam Gawie du Plessis. Hy was 'n leksikograaf wat aan verskeie woordeboeke meegewerk het.

Lewe en werk Johan Gabriël du Plessis Pretorius is op 14 Desember 1913 op Talana in die distrik Ficksburg gebore as een van nege kinders van Gerrit Stefanus Pretorius (1869–1942) en Francina Barendina Snyman (1883–1922).Pretorius-familiestamregister: http://pretoriusfamilie.info/pret1/I18932.htmlGenealogie Online: https://www.genealogieonline.nl/en/stamboom-eric-esterhuizen/I19028.php

Hy voltooi sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Ficksburg. Aan ’n landboukollege verwerf hy hierna ’n diploma in landbou.Artikel in Ficksburg Nuus van 22 Augustus 1986 In 1938 behaal hy sy M.A.-graad in Afrikaans-Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch met ’n verhandeling oor Die enjambement in die verse van A. Roland Holst. Hy was hierna vir 'n geruime tyd lank hoofvertaler vir die Johannesburgse Stadsraad.

Ná sy aftrede vestig hy hom op die plaas Bamboesberg naby Ficksburg, waar hy verder meegewerk het aan woordeboeke, insluitende tegniese woordeboeke en afkortingswoordeboeke. Hy is op 22 Desember 1945 met Elizabeth Thekkla Schmidt getroud en die egpaar het drie kinders: twee seuns (Johan en Gerrit Stefanus) en ’n dogter (Francina Elizabeth)

Hy is op 19 Augustus 1986 te Ficksburg oorlede.Anoniem “Bekende skrywer oorlede” “Ficksburg Nuus” 22 Augustus 1986

Skryfwerk Hy skryf ook onder die skuilnaam Gawie du Plessis (afgelei van sy voorname). Sy romans sluit in Spoelgrond, waarin oom Dries sy plaas probeer opbou en sy seuns met ’n ysterhand regeer. In ’n groot storm word hy egter saam met sy onvoltooide dam weggespoel. Ná sy dood geniet sy seuns onverwags te veel vryheid en sonder sy leiding word al sy harde werk gaandeweg afgetakel.

Honne-toe vertel oor die soeke na lewensrigting van ’n man wat na ’n liefdesteleurstelling sy toevlug neem tot die verslawende invloed van drank en hondewedrenne.

Dit sal weer groei speel teen die agtergrond van die Anglo-Boereoorlog af.

Hy skryf ook die roman Die verlooptes.

Publikasies  JaarPublikasiesWorldcat: http://worldcat.org/identities/lccn-n83149577/Esaach: http://www.esaach.org.za/index.php?title=Pretorius,_J.G._du_PlessisFiksie1948Spoelgrond (Johan Pretorius)1950Honne-toe (onder die naam Gawie du Plessis)1963Dit sal weer groei (J.G. du P. Pretorius)1964Die verlooptes (J. G. du P. Pretorius)Nie-fiksie1936Motorterme (waarby ingesluit is Padverkeersterme): Engels-Afrikaans (saam met Chris Cillié)1981Afkortingswoordeboek Engels-Afrikaans Afrikaans-Engels (saam met Louis C. Eksteen)

Bronnelys

Boeke Dekker, G. “Afrikaanse Literatuurgeskiedenis” Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970 Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2” Academica, Pretoria, Kaapstad en JohannesburgEerste uitgawe Eerste druk 1983 Nienaber, P.J.; Senekal, J.H en Bothma, T.C. “Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde”Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963 Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969

Ander verwysings

Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1913 Kategorie:Sterftes in 1986 Kategorie:Leksikografie